Die ding by die pot…

Nie dat ek daarvan hou om oor my toiletbesoeke te skryf nie, maar om een of ander rede gebeur die snaakste goed op hierdie uitstappie wat ons almal maar van tyd tot tyd moet onderneem.  Ek is weer ernstig op die gesond eet en oefen regime (ja ek weet, been there done that) en neem […]

My kar se klingel

Jy weet mos hoe dit is as jy iets nuuts koop.  Vol opgewondenheid toets jy hom uit, en uiteraard verwag jy dat alles sal werk.  Soos in 100%.  Niks mag missing wees nie en hy moet presies werk soos die verpakking sê hy sal.  As een van sy eienskappe is dat hy ‘stil’ is, dan […]

A is vir Adéle

‘n Paar weke terug het ons my werk se AGM gehad.  Nou as jy nie weet waarvoor AGM staan nie… dan bly jy tien teen een in ‘n lekker gemaklike huis, vêr genoeg van jou bure om nie te weet wat hulle aandete is nie.  Jy werk waarskynlik ook nie.  (Annual General Meeting, vir as […]

‘n ‘Warm’ Plantjie

Daar is die baie mooi gebaar dat wanneer jy by mense gaan kuier (lees: eet) dan neem jy ‘n klein geskenkie saam om dankie te sê.  Dit hoef gladnie groot te wees nie, ‘n klein blommetjie, ‘n sjokolade of ‘n pakkie mooi servette.  Net ietsie wat sê ‘ek waardeer die uitnodiging’.  Dit helder werklik die […]

Versekering dek alles!

Gou ‘n vinnige storietjie voor ek bietjie sal tyd spandeer om van die aftree oord en sy dinge te vertel. Ek en my ma het gisteraand vir Dirty Dancing gaan kyk, en sy vertel toe hoe sy altyd so ‘n oomblik pause voor sy antwoord as mense vra watter parfuum sy aanhet. Nie omdat sy […]

Daai ander kant…

Ek voel dit.  Hier is iemand.  Iemand probeer kontak maak.  Iemand wie se naam begin met ‘n letter M.  Nie?  Wel, ons kan lank aangaan.  Daar is nog 25 letters oor, en iewers gaan een sin maak.  Of jy gaan dink hy maak sin… Nou ek het nie DStv nie, so kan nou nie lekker […]

Salaris Onderhandelbaar

Nou kyk, tensy jy met jou gat in ‘n job geval het, of ‘n beurs gekry het, of net so lui of ryk is dat jy nooit hoef te werk nie, het ons almal al iewers vir ‘n werksonderhoud gegaan. ‘n HR vriendin van my glo mens moet elke jaar vir ene gaan, net om […]

Die storie wat jy sien kom het…

Hoe weet jy wanneer jy die skrywery regtig geniet? Wanneer jy in ‘n ongemaklike/scary/ongewone situasie is, en jy nie uitfreak nie, maar eerder dink “ek kan nie wag om by die huis te kom om hierdie neer te skryf nie!”  En dis presies wat vandag gebeur het. Ek het die afgelope ruk vreeslik hard gewerk, […]

Ontbyt Opwinding

Ek hou van uiteet, nogals baie!  Nie dat ek dit gereeld doen nie, ek wil hê dit moet opwindend bly, en nie ‘n gewoonte raak nie.  En my gunsteling is ontbyt.  Ek sal ontbyt eet vir middagete, vir aandete, vir brunch, vir tee… En as ontbyt nie reeds ontbyt was nie sou ek dit ook […]

Murphy se wet

As mens in ‘n woonstel bly is jou keuse tot troeteldiere beperk.  Ons kompleks laat byvoorbeeld gladnie nuwe troeteldiere, soos honde en katte toe nie.  ‘n Vis is vreeslik boring as ‘n troeteldier, en die enigste voëls wat werklik prettige troeteldiere maak is die wat raas en praat.  Klein knaagdiere en reptiele val vir my […]