TEMU – OF HOE OOKAL JY DIT UITSPREEK

Wat toe blyk heelwat meer te wees as wat ek gedink het!  Want jy kan letterlik enigiets op die sites kry. Ek het nooit geweet ek het ‘n silicone matjie nodig vir my airfryer nie.  Of ‘n verestoffer wat die anderkant van my vertrek kan bykom nie. Of ‘n pen wat ook ‘n flits is […]

ALEXA, HOE DE DINGES?

In Desember kom kuier sussie van New Zeeland en bring ‘n Amazon Echo vir ons ouers.  En hoe meer ek na die dingetjie kyk en rondspeel, hoe meer wil ek ook enetjie he! Ek val nie vir enige nuwe gadget nie, maar ek is mal oor ‘n gadget wat actually werk en dinge ‘n bietjie […]

GELUKKIG IS JY DANKBAAR

Op die 21ste Desember verlede jaar moet ek noodgedwonge na die munisipaliteit gaan. Dit is my eerste dag van vakansie en verseker nie ‘n aktiwiteit wat ek sou kies om hom mee af te skop nie.Sien, vir 8 jaar al doen ek elke jaar rondom dieselfde tyd aansoek vir my kar se nuwe lisensie, online, […]

Waar daar ‘n rokie is….

Sedert Dinsdag hierdie week is ek die trotse eienaar van ‘n Instant Pot Duo Crisp + Airfryer.  Ek wou al so lankal een hê, en die oomblik toe die prys val tot onder die sielkundige R4000, toe bestel ek hom.  En in ‘n oogwink vervang een pragtige stuk toerusting die hele hoekkas in my kombuis! […]

Oupa %$# af….

Niemand aan my pa se kant van die familie kan swem nie.  Nooit geleer nie, en hulle is almal met ‘n taamlike vrees vir water grootgemaak. Ons kinders kan egter almal swem, en het grootgeword met ‘n swembad en gereelde swem in die see uitstappies met pa wat maar altyd van die kant af gekyk […]

Bogger met my bubblegum

Ek slaap gewoonlik baie goed, en word nie in die nag wakker nie.  Wanneer dit wel gebeur is dit gewoonlik omdat ek met ‘n groot beker hot chocolate bed toe is. Vanoggend 2am toe word ek egter wakker, en iets sê vir my kyk by die venster uit.  Sit selfs my bril op.  Ek sien […]

‘n Vegetariese Fout

Elke nou en dan kry ek ‘n gier om vir mense te laat kos aflewer.  Dit is vir my baie meer prakties as blomme – en dit het al ‘n paar keer gebeur dat my ‘gut’ reg was, en hulle daardie dag vergeet het om kos in te pak. Gister was so ‘n dag gewees. […]

LOCKDOWN Paasnaweek

Wat ‘n ongelooflike naweek, een wat ek nie net sal onthou omdat dit in al die geskiedenis boeke gaan wees nie, maar omdat hierdie ‘n ‘perfekte’ Paasnaweek was, soos wat ek myself voorneem om elke jaar te hê, maar nie altyd reg kry om te doen nie. Geen onderbrekings nie, Vrydag en Sondag kerk dienste, […]

LOCKDOWN Die dag toe ek 40 word

Geen foto kan enigsins beskryf hoe vol my hart vandag is nie Dit sou baie maklik wees om negatief te wees oor vandag. Dag 2 van lockdown, EN dit is my 40ste verjaarsdag. So ‘n mylpaal verjaarsdag, en jy moet alleen in jou huis bly, geen partytjie, daar kan nie eers ‘n koek afgelewer word […]

Die hoenders in…

Soos jy teen die tyd al weet woon ek in ‘n kompleks.  Ons is baie mense, en kom oor die algemeen goed oor die weg.  Daar is min probleme, en as daar iets opduik, dan word dit sommer baie vinnig uitgesort.  Daar is die gewone klanke van tieners wat staan en gesels, kleintjies op skopfietsies […]