Nie ‘n ‘fan’ nie….
My arme ou karretjie. Hy kry vreeslik koud. Veral in die oggende as ek werk toe moet ry, dan skree hy verwoed. Ek maak waarskynlik die hele kompleks wakker as ek wegtrek, maar ek troos my daaraan dat ek darem nie die enigste een is nie, en meeste mense is gelukkig dan al wakker. Ek […]
Bietjie baie vis
Indien jy (soos ek) ‘n aanhanger is van daai lieflike Japanese dis, sushi, dan het jy heel waarskynlik al by een van die honderde Chinese restaurante aangegaan vir hulle “Eat as Much as you Can” specials. As jy nognie het nie is jy OF ‘n sushi snob (want dis gewoonlik nie die greatste sushi nie) […]
Die spook skop gat!
Twee van my kollegas neem selfverdedigings klasse. En ek het altyd gedink dit is nogals ‘n heel handige ‘skill’. Taamlik intens, maar steeds handig. Soos ‘first aid’ of ‘n PDP. Jy hoop jy gaan dit nooit nodig kry nie. Ek self het bietjie skopboks gedoen en ek is seker die dansklasse voor my suster se […]
Kamp x 2
Ek is onlangs gebyt deur ‘n gogga wat mens nogals duur kan kos as jy nie mooi te werk gaan nie. Die kamp gogga. As kind het ons baie rondgetoer vir vakansie, en baie plekke gesien, maar nooit gekamp nie. Ek is egter mal oor die hele buite slaap, buite kosmaak en buite kuier idee. […]
Die New World
‘n Ruk gelede het ek taamlik afgeskaal op ‘n klomp goed. Hulle noem dit “minimalism”, waar jy ontslae raak van die goed in jou lewe wat geld kos en spasie opneem, sonder dat dit jou werklik gelukkig maak. Hier is die link, sommer vir interessantheid. Nou deel van hierdie proses was ook om my pragtige, […]
Badspeelgoed
Oor hierdie Kerstyd het ek weer die voorreg gehad om ‘n bietjie tyd saam met familie en vriende te kon deurbring, en buiten vir die geweldig baie, en lekker kos was daar ook die lekker lag en gesels, en dinge doen wat soms verlore gaan in die allerdaagse gejaag. Ek is natuurlik ook in die […]
Sussie kraam… amper!
So baba sussie gaan binnekort haar eie babatjie hê! Ek kla gladnie, dit is heerlik om ‘n tannie te wees en die tweeling en ek het ‘n goeie verstandhouding: Ek sal jou doek omruil en Teletubbies saam met jou kyk, maar as jy moeilik is dan gee ek jou terug. En voor jy dink dat […]
As grootte saak maak… (Size Matters!)
Ek is tans op daai aaklige, maar nietemin dankbare stadium van gewigsverlies waar jy so tussenin sizes is. Jy is nie helemal seker wat jou grootte môre gaan wees nie, en moenie dink as hy jou vanaand gaan pas gaan jy hom more kan aantrek nie. Baie dodgy ek sê jou! Dit gebeur toe nou […]
Suur (melk) Druiwe
Jy weet mos as jy in die oggend opstaan en nog voor jy ordentlik wakker is maak jy die yskas oop, neem die bottel melk, vat ‘n GROOT sluk en verstik die volgende oomblik aan die suur? Ok, dis nie regtig wat ek doen nie, en ek hoop van harte jy ook nie (wel, ten […]
Shooting Blanks
So noudat ek almal se aandag het moet ek ongelukkig die oorgrote meerderheid van julle teleurstel. Nee, daar is geen baba planne in die nabye toekoms nie, en nee, ek het nie ‘n wapen aangeskaf nie. Alhoewel ek dit party dae nogals sterk oorweeg. Die wapen natuurlik. Elke nou en dan kry ek hierdie oefen […]