‘n Date met ‘n click
As ek nou ‘internet dating’ gaan noem op die naam, gaan almal se eerste reaksie heel moontlik wees ‘ek sal dit nooit doen nie’. Die realiteit is egter dat jy heel moontlik lieg. Ja, want iewers gaan jy wonder, en iewers gaan jy dit probeer. En daar is niks fout mee nie. Maar wees gewaarsku. […]
Die Ooswoud… ‘n storie van oudword, kots en ‘n taai toilet
Ek het nog altyd gewonder hoe jy weet wanneer jy nou oud is. Daar is tog nêrens ‘n defnitiewe ouderdom opgeteken waar jy ‘n “Ek is oud” sertifikaat kry by ‘n vervelige funksie, met mense in crimplene rokke, en waar alles ruik na Vicks nie. Nou die aand het ek egter gevrees ek is nou […]
Deure, Slotte en Sleutels
Ek het onlangs besef dat ek ‘n bietjie ongelukkig is wanneer dit by deure en sleutels kom. En dis ook gladnie wat jy dink nie. Ek loop nie in deure vas nie, en ek verloor ook nie my sleutels nie. Ek sluit deure wanneer ek nie moet nie, ek los hulle oop wanneer hulle regtig gesluit […]
Klokke, sneeu en ‘n rendier
‘n Paar weke terug stap ek met ‘n rock song in my hart by ‘n winkelsentrum in. Ek is in ‘n taamlike goeie bui, want ek het uiteindelik tyd om my remote batterye te vervang na ‘n hele winter van venster oopdraai om die kodes in te druk by die hek. Die volgende oomblik word […]
Om te tel
Soos almal darem seker al teen die tyd weet, dis sensus tyd! En al is jy dalk nognie getel nie, moes jy al die “gifappeltjies” met hulle bibs en sakke sien rondloop het. Die buurt waar ek bly is so ‘n paar weke gelede al ingeval deur hulle toe die voorbereiding begin. Ek stop een […]
‘n Stabiele Toilet!
Dalk het jy die post gelees wat handel oor my toilet sitplek wat ek vas glo gejinx is. Wel, vandag het ek besluit om hom te fix! Ja, self! Ek het Brights toe gegaan, en 2 wingnuts en 2 washers gaan koop. Ok, ek het eers gevra vir die “draai-dingetjie en die ronde plaatjie”, maar […]
‘n Lewensles in Voortrekkerweg
Onlangs loop ek daar in Voortrekkerweg in Parow af. En sommer voor jy nou allerhande woorde en beelde oproep kan ek darem net noem dat dit helder daglig was, in fact, dit was skuins na 12 gewees, en ek was oppad om vir ons middagete te gaan optel by my gunsteling restaurant. Nou ek is […]
Die Reëls van Reis
Op Vliegtuie: 1) As jy One Time of Kulula vlieg sal jou vliegtuig laat wees, altyd 2) Jy sal op minstens 1 van jou vlugte tussen die laaste wenners van Big Girl/Guy land 3) Vliegtuig kos word gemaak van rubber en plastiek (ek praat nie van die houers nie) 4) Party vliëniers kan land, ander […]
Die bruin ring
Kyk, daar is twee goed waarvoor ek my nog nooit uitgegee het nie. ‘n Mechanic en ‘n Handyman. In altwee gevalle moet jy goed regmaak wat stukkend is, en ek weet vir ‘n feit as ek dit probeer sal ek dit verder breek as wat dit reeds gebreek is! Ek spandeer dus nogals taamlik geld […]
Ek het mooi gekyk!
Daar is nie eintlik iets wat ek haat nie. Daar is heelwat goed waarvan ek nie hou nie, soos spinnekoppe, taxis en daai simpel corned beef blikkies wat ek nooit kan oopkry nie. Ek is ook nie mal oor tamatiebredie nie en voel ongemaklik in klerewinkels. Maar ek haat dit nie. Wat ek wel haat, […]