Bietjie baie vis

Indien jy (soos ek) ‘n aanhanger is van daai lieflike Japanese dis, sushi, dan het jy heel waarskynlik al by een van die honderde Chinese restaurante aangegaan vir hulle “Eat as Much as you Can” specials.  As jy nognie het nie is jy OF ‘n sushi snob (want dis gewoonlik nie die greatste sushi nie) […]

Suur (melk) Druiwe

Jy weet mos as jy in die oggend opstaan en nog voor jy ordentlik wakker is maak jy die yskas oop, neem die bottel melk, vat ‘n GROOT sluk en verstik die volgende oomblik aan die suur?  Ok, dis nie regtig wat ek doen nie, en ek hoop van harte jy ook nie (wel, ten […]

Klein Gelukkies

Eendag sit ek so by die werk, toe ‘n kollega skielik voor my staan met ‘n toe blik koffie.  Ricoffy, want by meeste werkplekke is dit die eerste poging tot besparing.  Sy hou dit na my uit.  En ek pik amper ‘n traantjie weg oor die mooi gebaar. Want sien, ek het lank terug vir […]

Ontbyt Opwinding

Ek hou van uiteet, nogals baie!  Nie dat ek dit gereeld doen nie, ek wil hê dit moet opwindend bly, en nie ‘n gewoonte raak nie.  En my gunsteling is ontbyt.  Ek sal ontbyt eet vir middagete, vir aandete, vir brunch, vir tee… En as ontbyt nie reeds ontbyt was nie sou ek dit ook […]

En jou hemel?

‘n Ruk terug sit en wag ek by ‘n garage dat hulle klaarmaak met my kar. Tydskrifte by die plekke is gewoonlik jare oud, so ek sit en kyk toe maar mense. Daar is heelwat ouens in blou overalls wat aan karre werk, maar een man vang my oog. Hy was pas klaar met die […]

‘n Social op die internet

Ek onthou nog hoe opgewonde ek was toe ek internet by my huis gekry het, en ook ‘n Facebook profiel kon begin.  Uiteindelik kon ek mense vriende noem wat ek nog nooit ‘n woord mee gepraat het nie!  Ek kan elke oomblik, van elke vriend (en nie-vriend) herleef, asof ek daar is, asof ek daar […]

Dinge

Dit is vir my baie interessant om in mense se huise te kom, en te sien watse ‘dinge’ hulle het.  En ek bedoel nou niks weird nie, goed soos yskaste en mikrogolwe en stowe en wasmasjiene.  Jy weet.  Al daai goed wat ons lewens so bietjie makliker moes maak.  En ek onthou toe ons op […]

In die sak (In the bag)

Ek het ingeskryf vir ‘n heel interessante kompetisie. Jy kan ‘n handsak wen wat eintlik ‘n kamerasak is. Nogals mooi, en stylish, en ek hoop nogals ek wen die outjie. Om te wen moet jy 5 items noem wat jy in die handsak sal sit. Dit het natuurlik my brein in ‘n kreatiewe rigting gestoot […]

Die Ooswoud… ‘n storie van oudword, kots en ‘n taai toilet

Ek het nog altyd gewonder hoe jy weet wanneer jy nou oud is.  Daar is tog nêrens ‘n defnitiewe ouderdom opgeteken waar jy ‘n “Ek is oud” sertifikaat kry by ‘n vervelige funksie, met mense in crimplene rokke, en waar alles ruik na Vicks nie. Nou die aand het ek egter gevrees ek is nou […]

Klokke, sneeu en ‘n rendier

‘n Paar weke terug stap ek met ‘n rock song in my hart by ‘n winkelsentrum in.  Ek is in ‘n taamlike goeie bui, want ek het uiteindelik tyd om my remote batterye te vervang na ‘n hele winter van venster oopdraai om die kodes in te druk by die hek.  Die volgende oomblik word […]