As die gewones bunk…

Op skool het jy baie “groepe” gekry.  Daar was die cool ouens, of altans, hulle het so gedink.  Daar was die kunstiges, wat uiting aan hulle art gegee het in meer as net die doeke in die kunsklas.  Daar was musiek ouens wat klaviere en fluite kon laat sing, en daar was die slimmes vir […]

Hie innie Bellville

Kyk, ek het nog nooit ‘n probleem gehad met waar ek bly nie.  Bellville (of bjelwil volgens die taxi drywers) is ‘n relatief netjiese stad, die buurt waar ek bly is stil, met massiewe bome en mooi huise.  Dis lekker sentraal geleë, jy kan binne 5 minute op die N1 of R300 wees, al die […]

Dead Sea Mud… en Clara, is ja!

Dit was ‘n doodgewone Saterdag namiddag.  Ek het my selfoon kabel by die werk vergeet, en besluit om vinnig ‘n draai te gaan maak in Tygervallei.  Nou die been is nognie helemal lekker nie, so ek trek my gemaklike oefenbroek aan, wat darem die bestuur met die stut makliker maak, en ry die 3km mooi […]

My Kompleks

Ja, ek weet wat jy nou dink.  Dat jy nog al die tyd reg was, en ek inderdaad ‘n kompleks het?  Wel, jy’s verkeerd.  Ek dink ek het baie komplekse.  Maar dis nie waarvan ek nou praat nie.  Ek praat van die kompleks waarin ek nou al 8 jaar bly.  My spreekwoordelike Palestina, alhoewel jy […]

Die Spar Hunter

Ek is bang om na ons Spar toe te gaan… Nie oor die gebou nie.  Dis in ‘n klein sentrum geleë, en lekker ruim en skoon. Ook nie oor die karwagte nie.  Hulle is vriendelik, dring hulle nie op nie, en gee selfs komplimente! Maar wel oor daai sekuriteitswag daar binne.  Eintlik dink ek daar […]

Hoekie vir Adéle

Jip, uiteindelik na amper twee maande van letterlik sit waar daar ‘n gaatjie is, het ek nou ook ‘n genuine lessenaar, met ‘n laai en ‘n vullisdrom. Dis nog ‘n bietjie ‘vaal’ maar ek beplan om binnekort ‘n paar motivational posters en dinge op te plak.

We’re all so human, hey!

Die afgelope naweek is ek Pretoria toe.  Met die vliegtuig.  My vlug soontoe Vrydag was taamlik aksieloos, behalwe vir die feit dat ek ‘n “stopover” gehad het op Bloemfontein, en buiten vir ‘n klein gehuggie kon ek nie agterkom of daar enigsins iets anders as aanloopbane is nie. Die interessante storie kom egter in met […]

‘n Halfuur in ‘n ry

So beland ek vanoggend vir ‘n tweede keer op een dag in ‘n ry by die poskantoor.   En dit verstom my dat ek by die lughawe se poskantoor, met 2 venstertjies en 1 persoon, vinniger gehelp word as by die Bellville poskantoor, met 12 vensters, en 8 mense aan diens! Nou terwyl ek so staan […]

Die snoek loop!!!

Die afgelope maand is ek geweldig geinspireerd om gewig te verloor.  Die reg eet alleen werk egter nie, so elke oggend 6 uur gaan stap ek vir ‘n halfuur, en dan so een of twee keer ‘n week doen ek ‘n lekker 8km staptog na werk. Gisteraand doen ek toe die 8km, en alhoewel dit […]

‘n Skewe brood

My een kollega hier, is regtig dierbaar.  Hier is ‘n paar van hulle wat baie nice is, maar hierdie ou is ‘n gentleman en laat my altyd lag.  Hy gaan koop elke Maandag ‘n brood, en die een brood verdeel hy sorgvuldig tussen oggend teetyd en middagete, sodat hy die hele week daarmee uitkom. Op […]