Itsy Bitsy… MOERSE groot spinnekop

Ek is bang vir spinnekoppe.  Enige spinnekoppe, maak nie saak hoe klein of groot hy is nie.  Ras en geslag speel ook nie ‘n rol nie, en hy kan ‘n flippen wit vlaggie vashou, ek is bang. Presies hoe bang het ek vanoggend agtergekom. My roetine elke weeksoggend is taamlik vas.  My selfoon gaan 5:55 […]

‘n Crappy Storie

Gister kry ek ‘n interessante e-pos van my suster af.  Dit het die titel The Man Rules, en buiten vir die feit dat elke reël as nommer 1 gelys word, bevat dit ook daai tipiese goed wat mans maak wat hulle is.  En ondere andere klaar dit sommer die probleem met die toiletsitplek op…  natuurlik […]

Die einde… met ‘n bang!!

Ek het taamlik lanklaas ‘n droom gedoen.  Die knie se ontydige “snap” het dit bietjie moeilik gemaak, en wou nou nie ‘n kind se lewe in gevaar stel deur met ‘n af knie te bestuur nie.  En toe hierdie afgelope Saterdag toe doen ek my “comeback” droom. En ons besluit om bietjie planetarium toe te […]

Om te kan stem

06:00 My selfoon raak die kluts kwyt.  Nie net het ek vergeet om die alarm af te sit nie, maar my foon switch ook outomaties af tussen 11pm en 6am, EN ek het stem-tones! Bo die geskree van die alarm kom daar toe ook ‘n “you’ve got mail”, “facebook”, “facebook”, “twitter”, “you’ve got mail” deur.  […]

As die gewones bunk…

Op skool het jy baie “groepe” gekry.  Daar was die cool ouens, of altans, hulle het so gedink.  Daar was die kunstiges, wat uiting aan hulle art gegee het in meer as net die doeke in die kunsklas.  Daar was musiek ouens wat klaviere en fluite kon laat sing, en daar was die slimmes vir […]

Hie innie Bellville

Kyk, ek het nog nooit ‘n probleem gehad met waar ek bly nie.  Bellville (of bjelwil volgens die taxi drywers) is ‘n relatief netjiese stad, die buurt waar ek bly is stil, met massiewe bome en mooi huise.  Dis lekker sentraal geleë, jy kan binne 5 minute op die N1 of R300 wees, al die […]

Dead Sea Mud… en Clara, is ja!

Dit was ‘n doodgewone Saterdag namiddag.  Ek het my selfoon kabel by die werk vergeet, en besluit om vinnig ‘n draai te gaan maak in Tygervallei.  Nou die been is nognie helemal lekker nie, so ek trek my gemaklike oefenbroek aan, wat darem die bestuur met die stut makliker maak, en ry die 3km mooi […]

My Kompleks

Ja, ek weet wat jy nou dink.  Dat jy nog al die tyd reg was, en ek inderdaad ‘n kompleks het?  Wel, jy’s verkeerd.  Ek dink ek het baie komplekse.  Maar dis nie waarvan ek nou praat nie.  Ek praat van die kompleks waarin ek nou al 8 jaar bly.  My spreekwoordelike Palestina, alhoewel jy […]

Die Spar Hunter

Ek is bang om na ons Spar toe te gaan… Nie oor die gebou nie.  Dis in ‘n klein sentrum geleë, en lekker ruim en skoon. Ook nie oor die karwagte nie.  Hulle is vriendelik, dring hulle nie op nie, en gee selfs komplimente! Maar wel oor daai sekuriteitswag daar binne.  Eintlik dink ek daar […]

Hoekie vir Adéle

Jip, uiteindelik na amper twee maande van letterlik sit waar daar ‘n gaatjie is, het ek nou ook ‘n genuine lessenaar, met ‘n laai en ‘n vullisdrom. Dis nog ‘n bietjie ‘vaal’ maar ek beplan om binnekort ‘n paar motivational posters en dinge op te plak.