Die dag toe ek amper gesing het
Eendag, lank gelede… Nee, dis die verkeerde begin. Dis nie so lank terug nie, en dit is verseker nie ‘n sprokie nie! Dit was die grootste lewensles wat ek ooit geleer het, en ek sal dit vir ewig onthou. Dit was die les in EQ, oftewel, emosionele intelligensie. Die maatskappy waar ek op daardie stadium […]
Die Groot Vloed
Ek het onlangs begin water drink. Nou nie vir die eerste keer nie, maar ewe skielik het ek besef hoe min water ek gewoonlik drink deur die dag. Want ‘n ou koffietjie eerste ding in die oggend is mos baie lekkerder as 2 glase water. En dit word “teetyd” vir ‘n rede genoem. En ek […]
Ekke, die TMO
Ek sal my nou nie self beskryf as ‘n groot rugby “fan” nie. Ek was altyd mal daaroor gewees om Nuweland toe te gaan, maar vandat my pa skoonseuns gekry het is dit nie meer vir my beskore nie. Ek moet dus staatmaak op die radio en tv. En so gebeur dit dan partykeer dat […]
Langeraat, duimpie se maat
As jy my al ontmoet het sal jy weet ek is nogals lank. Nou nie freakish lank dat die rekord ouens my drumpel deurtrap nie, maar steeds lank. En dit is nou een van daai bittersoet goed, want ek kan my mikrogolfoond bo-op my yskas sit, maar ek kan nie lekker manage in party dele […]
‘n Gereformeerde glips
Na ‘n paar jaar waar ek die kerk van ons selgroep bygewoon het, is ek nou weer terug by die kerk wat ek nog my hele lewe aan behoort. En nie veel het verander nie. Daar was wel ‘n paar veranderinge aan die binnekant, maar dit is nogsteeds die NG kerk waaraan ek gewoond was, […]
Die Apteek se vibrator
So stop ek gou vinnig by die apteek die ander aand om ‘n voorskrif op te tel. Dieselfde apteek waar ek nog altyd gaan. Sommer lekker gerieflik dat hulle 24/7 oop is, en dit vat darem gewoonlik nie langer as 5 minute nie. EN hulle het Steri Stumpies… Ek neem my plek in die regte […]
Instant Vriende
Het jy al gesien hoe ‘n baie klein, gemeenskaplike “iets” van iemand ‘n instant vriend kan maak? Ek is seker jy het al! Dink bietjie terug (party verder as ander) na jou skooldae. Jy moet aan ‘n eisteddfodd gaan deelneem, maar by ‘n vreemde skool in die stad, en jou gewone vriende gaan nie saam […]
Geluide in die nag
Ek is ‘n taamlike ligte slaper. Eintlik is dit ‘n bietjie weird, want ek sal waarskynlik dwarsdeur ‘n massiewe partytjie by my bure slaap, maar is oombliklik wakker op ‘n Sondag as die koerantverkoper sy eerste “RAPPORT!!!” uiter, 3 blokke vêr! Ek het genuine al my share van snaakse oomblikke gehad so in hierdie nagtelike […]
‘n Liedjie vir die pad
Vanoggend was nogals ‘n woeste rit werk toe. Ek het geweet ek moes nie daai 10 minute langer gelê het nie, maar na verdere oordenking dink ek dit was dalk met ‘n doel so, want ek het ‘n massiewe ongeluk gemis, presies op die plek waar ek daai oomblik sou wees. Die ongeluk was so […]
Papsopwinterwaternat!
Ek was nog altyd eerder ‘n winter as ‘n somer mens. Daar is niks lekkerder as om lekker warm in die bed te lê, hot chocolate te sip en na die reën te luister nie. En ja, dit is moeilik om op te staan as dit so koud is, maar ek vat dit eerder bo […]