Die kluisenaar se KFC

Volgens alle persoonlikheids-, aanleg-, en kop-toetse (nee, ek issie mallie) wat ek al ooit moes doen, hetsy vir werk of skool of sommer net omdat ek nuuskierig is, IS ek ‘n ekstrovert.  En soos die tannie so mooi verduidelik het, nie die dans op die tafels tipe nie, ek kry bloot my energie vanaf eksterne […]

Dis nou maar wors….

Ek het nou die dag besef dat ek al ‘n taamlike tydjie bly in my woonstel.  En ek love dit!  Dis groot genoeg en na jare se TLC is dit vir my baie mooi en baie gerieflik ingerig.  Ek het baie nice bure, en buiten vir nou en dan ‘n doef doef kar is dit […]

Die hanswors voorlegging

Jare gelede werk ek by een van hierdie groot corporates.  Jy weet, een van daai waar jy maar elke dag netjies aantrek en jou teetye klokslag 10 uur en 3 uur is.  Ek was nie eintlik veronderstel om by die hoofkantoor te sit nie, maar dit het toe so gebeur en die enigste plekkie wat […]

Jy swipe hom net…

Hoeveel van julle het ‘n kredietkaart?  Of debietkaart.  Of eintlik enige tipe van iets wat dit geweldig maklik maak om geld te spandeer, en dan eers later daarvan te onthou?  Seker maar ons almal ne?     Ewe skielik as daai staat kom dan lyk daai nuwe hi-fi nie meer na so ‘n bargain nie.  […]

En jou hemel?

‘n Ruk terug sit en wag ek by ‘n garage dat hulle klaarmaak met my kar. Tydskrifte by die plekke is gewoonlik jare oud, so ek sit en kyk toe maar mense. Daar is heelwat ouens in blou overalls wat aan karre werk, maar een man vang my oog. Hy was pas klaar met die […]

Draai links… Herbereken!

Party dae wonder ek waar ek op hierdie oomblik sou gewees het as dit nie vir my GPS was nie.  Heel moontlik nie hier besig om te skryf nie!  Want wragtag, daai klein dingetjie het my al gered uit verskriklike situasies.  Lewensgevaarlike situasies om eerlik te wees. Soos die keer toe ek Durban toe moes […]

Die Xhosa Toilet

Ek het al voorheen oor taal en die verwarring wat dit kan veroorsaak geskryf.  Ek het ook al voorheen oor toilette geskryf.  Maar gister het ek ‘n oomblik gehad waar taal en toilette netnie wou saamwerk nie! Ons het ‘n stuk grond in Khayelitsha.  Ek was nog nooit voorheen daar nie, maar ons neem nou […]

Dinge

Dit is vir my baie interessant om in mense se huise te kom, en te sien watse ‘dinge’ hulle het.  En ek bedoel nou niks weird nie, goed soos yskaste en mikrogolwe en stowe en wasmasjiene.  Jy weet.  Al daai goed wat ons lewens so bietjie makliker moes maak.  En ek onthou toe ons op […]

In die sak (In the bag)

Ek het ingeskryf vir ‘n heel interessante kompetisie. Jy kan ‘n handsak wen wat eintlik ‘n kamerasak is. Nogals mooi, en stylish, en ek hoop nogals ek wen die outjie. Om te wen moet jy 5 items noem wat jy in die handsak sal sit. Dit het natuurlik my brein in ‘n kreatiewe rigting gestoot […]

Die tannie in die kas

Om te ontvlug uit die dooie niks wat accounting is (vir my altans) het ek ‘n paar poste gevul by die groot corporates voor ek uiteindelik ‘n gemakliker holte van non-profits gevind het.  Elke werk het sy goed en sleg gehad, party baie meer sleg as goed.  Maar as daar nou een episode is wat […]