LOCKDOWN Die dag toe ek 40 word
Geen foto kan enigsins beskryf hoe vol my hart vandag is nie
Dit sou baie maklik wees om negatief te wees oor vandag. Dag 2 van lockdown, EN dit is my 40ste verjaarsdag. So ‘n mylpaal verjaarsdag, en jy moet alleen in jou huis bly, geen partytjie, daar kan nie eers ‘n koek afgelewer word nie… want dit is nie “essential services” nie.
En tog was hierdie waarskynlik die beste verjaarsdag wat ek in my lewe gehad het (soos ‘n vriendin vroeer op die foon se: “said no one in lockdown ever… except Adele).
Daar was balonne aan my veiligheidshek toe ek vanoggend opstaan, ek het sjampanje, braai worsies, toast en eiers gehad vir ontbyt, my bure het in hulle tuin staan en sing vir my, ‘n vriend het al die pad gery om in die pad buite my plek te kom staan en “happy birthday” skree, ek het twee presente gehad om oop te maak en een was ‘n Heineken keg, ek het soveel video calls en boodskappe ontvang dat dit gevoel het of my hart gaan bars, van party mense sommer twee keer, ek het wafels met roomys en bacon gehad, net voor slaaptyd het AL my bure buite op hulle stoepe kom staan en ‘n glas gelig op my en kliphard “cheers” geskree in die naglug op.
Deur die dag het vriende saam met my glasies geklink asof ons bymekaar sit en kuier, van hulle bel my terwyl hulle nog in die bed is of met hyper active kinders sukkel en my hele familie (oor die wereld) het hulle aandetes afgeneem sodat ons saam my verjaarsdag kan vier. Vriende het vir my 40 redes gestuur hoekom hulle my ‘celebrate’ (daai een het my so bietjie baie laat tjank) en ek het gevoel of daar heeldag, konstant sulke golwe van liefde oor my vloei. Emotional is to put it mildly…
Hoe is dit moontlik dat ek al hierdie rykdom het… en ek is maar net 40?
Ek belowe julle, as ons klaar is met hierdie seisoen, dan hou ons een massiewe partytjie!