LOCKDOWN Paasnaweek
Wat ‘n ongelooflike naweek, een wat ek nie net sal onthou omdat dit in al die geskiedenis boeke gaan wees nie, maar omdat hierdie ‘n ‘perfekte’ Paasnaweek was, soos wat ek myself voorneem om elke jaar te hĂȘ, maar nie altyd reg kry om te doen nie.
Geen onderbrekings nie, Vrydag en Sondag kerk dienste, baie rus, en die mooiste gebare.
Na 3 Checkers deliveries het ek opgegee met vis in die hande kry, en oorweeg dit toe om Pickled Fish te maak met die visvingers in my vrieskas. Maar voor ek dit kon uitfigure stuur buurman vir my ‘n boodskap – kyk buite jou voordeur. Wat ‘n voorreg!
Buurvrou oorkant die pad is besig om in ‘n bobaas bakker te ontaard. Nie net het sy my van hot cross buns voorsien nie, maar ons almal het heerlike chocolate cupcakes gekry Vrydag middag. Saam met ‘n koppie koffie en tv series het ek ‘n super ontspanne middag gehad!
Sondagmiddag se face mask het bygedra tot die rustigheid. Kerk was amazing en die boodskappe vol van hoop. Ek het koffie dates gehad met vriendinne en familie oor video calls en ‘n naweek afsluiting met ons hele Connect Group op een call het my nuwe energie vir die week gegee!
Ek dink nie Paasnaweek sal ooit weer dieselfde wees vir my nie.