Dead Sea Mud… en Clara, is ja!

Dit was ‘n doodgewone Saterdag namiddag.  Ek het my selfoon kabel by die werk vergeet, en besluit om vinnig ‘n draai te gaan maak in Tygervallei.  Nou die been is nognie helemal lekker nie, so ek trek my gemaklike oefenbroek aan, wat darem die bestuur met die stut makliker maak, en ry die 3km mooi […]

My Kompleks

Ja, ek weet wat jy nou dink.  Dat jy nog al die tyd reg was, en ek inderdaad ‘n kompleks het?  Wel, jy’s verkeerd.  Ek dink ek het baie komplekse.  Maar dis nie waarvan ek nou praat nie.  Ek praat van die kompleks waarin ek nou al 8 jaar bly.  My spreekwoordelike Palestina, alhoewel jy […]

Die Spar Hunter

Ek is bang om na ons Spar toe te gaan… Nie oor die gebou nie.  Dis in ‘n klein sentrum geleë, en lekker ruim en skoon. Ook nie oor die karwagte nie.  Hulle is vriendelik, dring hulle nie op nie, en gee selfs komplimente! Maar wel oor daai sekuriteitswag daar binne.  Eintlik dink ek daar […]

We’re all so human, hey!

Die afgelope naweek is ek Pretoria toe.  Met die vliegtuig.  My vlug soontoe Vrydag was taamlik aksieloos, behalwe vir die feit dat ek ‘n “stopover” gehad het op Bloemfontein, en buiten vir ‘n klein gehuggie kon ek nie agterkom of daar enigsins iets anders as aanloopbane is nie. Die interessante storie kom egter in met […]

‘n Halfuur in ‘n ry

So beland ek vanoggend vir ‘n tweede keer op een dag in ‘n ry by die poskantoor.   En dit verstom my dat ek by die lughawe se poskantoor, met 2 venstertjies en 1 persoon, vinniger gehelp word as by die Bellville poskantoor, met 12 vensters, en 8 mense aan diens! Nou terwyl ek so staan […]

Die snoek loop!!!

Die afgelope maand is ek geweldig geinspireerd om gewig te verloor.  Die reg eet alleen werk egter nie, so elke oggend 6 uur gaan stap ek vir ‘n halfuur, en dan so een of twee keer ‘n week doen ek ‘n lekker 8km staptog na werk. Gisteraand doen ek toe die 8km, en alhoewel dit […]

‘n Skewe brood

My een kollega hier, is regtig dierbaar.  Hier is ‘n paar van hulle wat baie nice is, maar hierdie ou is ‘n gentleman en laat my altyd lag.  Hy gaan koop elke Maandag ‘n brood, en die een brood verdeel hy sorgvuldig tussen oggend teetyd en middagete, sodat hy die hele week daarmee uitkom. Op […]

Oor bid en in stilte eet

Soos meeste van ons het ek ook grootgeword in ‘n huis waar daar voor ete gebid word.  Dit is iets wat ek van my vriende ook waardeer deesdae.  Daar is altyd iemand wat vir ons bid, of dit nou vetkoeke of braai of kookkos is. Ons sit nie altyd om ‘n tafel nie, meestal omdat […]

Waiter, Waiter!

“Ag, ek sal maar vir my ‘n ou joppie kry as ‘n waitress” Dit hoor ek ‘n vriendin nou die dag sê toe ons praat oor maniere om jou inkomste aan te vul.  Toe ek haar natuurlik vra of sy al voorheen as een gewerk het, is die antwoord “nee, maar dis gelukkig maklik”. En […]

My taal, jou taal, daai ander taal

In my lewe het ek nou al in ‘n paar plekke gewerk, maar nog nooit was taal so ‘n issue soos waar ek tans is nie.  Ok, miskien is issue die verkeerde woord, maar as jy ‘n paar mense bymekaar gooi, en hulle almal laat Engels praat, terwyl dit nie een van hulle se huistaal […]