Langeraat, duimpie se maat

As jy my al ontmoet het sal jy weet ek is nogals lank.  Nou nie freakish lank dat die rekord ouens my drumpel deurtrap nie, maar steeds lank.  En dit is nou een van daai bittersoet goed, want ek kan my mikrogolfoond bo-op my yskas sit, maar ek kan nie lekker manage in party dele […]

‘n Gereformeerde glips

Na ‘n paar jaar waar ek die kerk van ons selgroep bygewoon het, is ek nou weer terug by die kerk wat ek nog my hele lewe aan behoort.  En nie veel het verander nie.  Daar was wel ‘n paar veranderinge aan die binnekant, maar dit is nogsteeds die NG kerk waaraan ek gewoond was, […]

Die Apteek se vibrator

So stop ek gou vinnig by die apteek die ander aand om ‘n voorskrif op te tel.  Dieselfde apteek waar ek nog altyd gaan.  Sommer lekker gerieflik dat hulle 24/7 oop is, en dit vat darem gewoonlik nie langer as 5 minute nie.  EN hulle het Steri Stumpies… Ek neem my plek in die regte […]

Geluide in die nag

Ek is ‘n taamlike ligte slaper.  Eintlik is dit ‘n bietjie weird, want ek sal waarskynlik dwarsdeur ‘n massiewe partytjie by my bure slaap, maar is oombliklik wakker op ‘n Sondag as die koerantverkoper sy eerste “RAPPORT!!!” uiter, 3 blokke vêr! Ek het genuine al my share van snaakse oomblikke gehad so in hierdie nagtelike […]

‘n Liedjie vir die pad

Vanoggend was nogals ‘n woeste rit werk toe.  Ek het geweet ek moes nie daai 10 minute langer gelê het nie, maar na verdere oordenking dink ek dit was dalk met ‘n doel so, want ek het ‘n massiewe ongeluk gemis, presies op die plek waar ek daai oomblik sou wees.  Die ongeluk was so […]

Papsopwinterwaternat!

Ek was nog altyd eerder ‘n winter as ‘n somer mens.  Daar is niks lekkerder as om lekker warm in die bed te lê, hot chocolate te sip en na die reën te luister nie.  En ja, dit is moeilik om op te staan as dit so koud is, maar ek vat dit eerder bo […]

Itsy Bitsy… MOERSE groot spinnekop

Ek is bang vir spinnekoppe.  Enige spinnekoppe, maak nie saak hoe klein of groot hy is nie.  Ras en geslag speel ook nie ‘n rol nie, en hy kan ‘n flippen wit vlaggie vashou, ek is bang. Presies hoe bang het ek vanoggend agtergekom. My roetine elke weeksoggend is taamlik vas.  My selfoon gaan 5:55 […]

Die einde… met ‘n bang!!

Ek het taamlik lanklaas ‘n droom gedoen.  Die knie se ontydige “snap” het dit bietjie moeilik gemaak, en wou nou nie ‘n kind se lewe in gevaar stel deur met ‘n af knie te bestuur nie.  En toe hierdie afgelope Saterdag toe doen ek my “comeback” droom. En ons besluit om bietjie planetarium toe te […]

Om te kan stem

06:00 My selfoon raak die kluts kwyt.  Nie net het ek vergeet om die alarm af te sit nie, maar my foon switch ook outomaties af tussen 11pm en 6am, EN ek het stem-tones! Bo die geskree van die alarm kom daar toe ook ‘n “you’ve got mail”, “facebook”, “facebook”, “twitter”, “you’ve got mail” deur.  […]

As die gewones bunk…

Op skool het jy baie “groepe” gekry.  Daar was die cool ouens, of altans, hulle het so gedink.  Daar was die kunstiges, wat uiting aan hulle art gegee het in meer as net die doeke in die kunsklas.  Daar was musiek ouens wat klaviere en fluite kon laat sing, en daar was die slimmes vir […]