Party dae wonder ek waar ek op hierdie oomblik sou gewees het as dit nie vir my GPS was nie. Heel moontlik nie hier besig om te skryf nie! Want wragtag, daai klein dingetjie het my al gered uit verskriklike situasies. Lewensgevaarlike situasies om eerlik te wees. Soos die keer toe ek Durban toe moes […]
Ek het al voorheen oor taal en die verwarring wat dit kan veroorsaak geskryf. Ek het ook al voorheen oor toilette geskryf. Maar gister het ek ‘n oomblik gehad waar taal en toilette netnie wou saamwerk nie! Ons het ‘n stuk grond in Khayelitsha. Ek was nog nooit voorheen daar nie, maar ons neem nou […]
Om te ontvlug uit die dooie niks wat accounting is (vir my altans) het ek ‘n paar poste gevul by die groot corporates voor ek uiteindelik ‘n gemakliker holte van non-profits gevind het. Elke werk het sy goed en sleg gehad, party baie meer sleg as goed. Maar as daar nou een episode is wat […]
As ek nou ‘internet dating’ gaan noem op die naam, gaan almal se eerste reaksie heel moontlik wees ‘ek sal dit nooit doen nie’. Die realiteit is egter dat jy heel moontlik lieg. Ja, want iewers gaan jy wonder, en iewers gaan jy dit probeer. En daar is niks fout mee nie. Maar wees gewaarsku. […]
Ek het nog altyd gewonder hoe jy weet wanneer jy nou oud is. Daar is tog nêrens ‘n defnitiewe ouderdom opgeteken waar jy ‘n “Ek is oud” sertifikaat kry by ‘n vervelige funksie, met mense in crimplene rokke, en waar alles ruik na Vicks nie. Nou die aand het ek egter gevrees ek is nou […]
Ek het onlangs besef dat ek ‘n bietjie ongelukkig is wanneer dit by deure en sleutels kom. En dis ook gladnie wat jy dink nie. Ek loop nie in deure vas nie, en ek verloor ook nie my sleutels nie. Ek sluit deure wanneer ek nie moet nie, ek los hulle oop wanneer hulle regtig gesluit […]
Soos almal darem seker al teen die tyd weet, dis sensus tyd! En al is jy dalk nognie getel nie, moes jy al die “gifappeltjies” met hulle bibs en sakke sien rondloop het. Die buurt waar ek bly is so ‘n paar weke gelede al ingeval deur hulle toe die voorbereiding begin. Ek stop een […]
Dalk het jy die post gelees wat handel oor my toilet sitplek wat ek vas glo gejinx is. Wel, vandag het ek besluit om hom te fix! Ja, self! Ek het Brights toe gegaan, en 2 wingnuts en 2 washers gaan koop. Ok, ek het eers gevra vir die “draai-dingetjie en die ronde plaatjie”, maar […]
Onlangs loop ek daar in Voortrekkerweg in Parow af. En sommer voor jy nou allerhande woorde en beelde oproep kan ek darem net noem dat dit helder daglig was, in fact, dit was skuins na 12 gewees, en ek was oppad om vir ons middagete te gaan optel by my gunsteling restaurant. Nou ek is […]
Kyk, daar is twee goed waarvoor ek my nog nooit uitgegee het nie. ‘n Mechanic en ‘n Handyman. In altwee gevalle moet jy goed regmaak wat stukkend is, en ek weet vir ‘n feit as ek dit probeer sal ek dit verder breek as wat dit reeds gebreek is! Ek spandeer dus nogals taamlik geld […]