TEMU – OF HOE OOKAL JY DIT UITSPREEK
Wat toe blyk heelwat meer te wees as wat ek gedink het! Want jy kan letterlik enigiets op die sites kry. Ek het nooit geweet ek het ‘n silicone matjie nodig vir my airfryer nie. Of ‘n verestoffer wat die anderkant van my vertrek kan bykom nie. Of ‘n pen wat ook ‘n flits is nie. Of 100 van daai swart wieldoppies vir jou kar se bande nie…
My eerste besending kom, en dit ‘n skamele 2 weke na ek bestel het. Ek kan nie gelukkiger wees met my aankope nie. Alles is heel, en presies soos geadverteer… alhoewel ek nie mooi weet hoeveel karre ek in my leeftyd van swart wieldoppies gaan moet voorsien nie.
Vir my tweede bestelling werk ek strategies. Jy weet, goed wat regtig van waarde gaan wees. Soos 12 kompakte naaldwerk stelletjies, 11 lego kits en ‘n vog meter vir my plante. Ok, ek was ook darem nou nie helemal stupid nie, die naaldwerk stelletjies en lego kits was vir my vriend by my verjaarsdagpartytjie. En die vog meter is baie cool!
Tydens my inkopiesessies het ook per ongeluk ‘n uur spandeer om te luister na honderde mechanical keyboards… want dalk hoor ek die een wat vir my reg klink. Update, ek het hom nognie gekry nie…
Sal ek weer vir Temu (of Shein of watookal) gebruik? Miskien ja, maar met ‘n shopping list en die wêreld se wilskrag. Want ek weet nogsteeds nie wat ek met die wieldoppies gaan maak nie.