Oupa %$# af….
Niemand aan my pa se kant van die familie kan swem nie. Nooit geleer nie, en hulle is almal met ‘n taamlike vrees vir water grootgemaak. Ons kinders kan egter almal swem, en het grootgeword met ‘n swembad en gereelde swem in die see uitstappies met pa wat maar altyd van die kant af gekyk het.
Gedurende die afgelope vakansie by die see terwyl ons op ‘n vinnige trippie na die winkels was vir vis en koffie, vra ek vir Daniel (2), die jongste van die kleinkinders wat hy die res van die dag gaan doen. Hy vertel toe vir my dat hy ‘kee toe gaan’ en gaan ‘kwem’. Sien, Daniel praat al te pragtig in kort sinne, maar hy kan nie altyd lekker ‘n “S” uitspreek nie, en in party woorde raak dit dan ‘n “K”.
Hy vra toe op ‘n stadium op Oupa ook saam gaan swem later die dag, en ek verduidelik vir hom hoe Oupa “sak” as hy in die water gaan.Daniel het ‘n ongelooflike geheue, ek het 4 maande terug vir hom gewys waar sy elmboog is, en hy wys dit steeds vir my elke keer as hy my sien.So ek het geweet hy gaan nie gou vergeet dat Oupa nie in die water moet gaan nie.
Later die dag vra ek toe vir Daniel wat gebeur as Oupa in die water gaan….
En hy jok mos nie…..