A THOUSAND TINY THINGS
Die ou by die werk met die leaf blower, wat stop toe hy my sien uitkom by die kantoor en wag dat ek verbystap. So ook die ou wat die trekker met ‘n high pressure hose afspuit.
Die vrou in die passasiers sitplek in die kar langs my vanoggend by die robot, wat die woorde “good morning” met haar mond vorm toe sy my sien.
‘n Mede volunteer by die kerk wat sommer net so vir my nuwe t-shirt betaal.
My kollega wat my gunsteling chocolate bring, bloot omdat hy dit in die winkel gesien het.
Bure wat hulle buitelig aanlos toe hulle sien ek is nognie teen donker by die huis nie.
My familie wat vrek hard werk op ‘n Saterdag sodat ek gordyn en portrette in my nuwe huis kan hê. So ook vriende wat oopdaag om skoon te maak of sommer net te help uitpak.
Random bottels wyn op my lessenaar, want kollegas het gedink ek sal van daai ene hou.
Die man wat verby my huis stap en wag tot ek hom sien, net om te sê hy hou van my tuinstoele waarvoor ek so lank gespaar het.
Die karwag by my ou plek wat aanbied om elke dag vir my te gaan koop wat ek nodig het by die Spar toe hy hoor ek het ‘n operasie gehad en kan nie meer tot daar loop nie.
Die ouens saam met wie ek werk wat my kwota hout in eweredige stukkies sny, anders as hulle eie hout.
‘n Eiendomsagent wat op die dag wat ek trek vir my middagete bring, met poeding.
Blommetjies en ‘n briefie van ‘n kollega, net om dankie te sê vir my hulp.
Mooi, orals om ons, as ons net ons bleddie oë sal oopmaak