Die bruin ring
Kyk, daar is twee goed waarvoor ek my nog nooit uitgegee het nie. ‘n Mechanic en ‘n Handyman. In altwee gevalle moet jy goed regmaak wat stukkend is, en ek weet vir ‘n feit as ek dit probeer sal ek dit verder breek as wat dit reeds gebreek is!
Ek spandeer dus nogals taamlik geld aan regte handymans wat weet hoe om parte te vervang, vensters kan regmaak en sommer net alles wat nie werk nie weer in ‘n werkende toestand kan kry.
Toe ek op my eie intrek het my ma vir my ‘n boek gekoop. Die Regdoen Regmaak gids. Dis ‘n fantastiese boek, en het gemaak dat ek darem nie totaal en al so hulpeloos is soos wat ek nou klink nie. Na ek die boek deeglik bestudeer het, kan ek deesdae amper enige merk uit enige materiaal kry, my toilet verstop nooit en ek kan self vir olie en water en sulke goed check in my kar.
Een ding het die boek my egter nie geleer nie…
My toilet is gejinx. Vandat ek ingetrek het, is hy al deur 4 toiletsitplekke. Hy is tans op nommer 5, en die hou darem nou al vir ‘n rukkie. Ek het die badkamer bietjie mooi gemaak en wou toe die standaard wit plastiek sitplek vervang met ‘n mooi mahogany hout ene.
Sitplek nommer 2, die eerste hout ene het pragtig gelyk. Maar 2 dae gehou. Moes ‘n slegte lasplek gewees het, want hy het letterlik in die middel deur gesplit, die deksel ook! ‘n Wavrag superglue later het ek moed opgegee.
Sitplek nommer 3 was ‘n wenner op die oog af. Hy was hierdie baie mooi Mahogany, en het selfs so ‘n hout badmatjie effek bygehad. Net jammer hy was helemal te groot vir die toilet, met die gevolg dat menigte besoeker op die vloer beland het, ek inkluis. Hy het op die mees onverwagte oomblik jou getip na enige random rigting. Na ‘n maand was ek so gatvol (dis regtig nie ‘n gepaste woord nie) dat ek hom summier in die drom gaan gooi het.
Sitplek nommer 4 sou die ultimate gewees het. Hy was stewig, die regte grote… maar ligbruin. Geen probleem! Ek kan mos self. Gaan koop wood stain, in Mahogany kleur, en met handskoene aan, op my stoep sit en verf ek die sitplek. En dit lyk nie bad nie, nogals “rustic” so met die verfhale duidelik sigbaar.
Ek het hom die verlangde droogword tyd gegee, en toe gaan vasskroef. Was baie in my skik met myself. My badkamer lyk mooi, en niemand gaan ooit weer van my sitplek afval nie!
En toe die volgende dag, terwyl ek besig is om aan te trek vang my oog die spieel. Ek snak na my asem! Dit kan nie wees nie!! Daar, presies waar ek nou op die toilet sitplek sou gesit het… is ‘n perfekte Mahogany afdruk van die sitplek!!
Dis jare later wat ek besef het ek het nie die sitplek afgeskuur voor die tyd nie, en dus die hout probeer stain deur ‘n laag varnish. Hy het dus nooit ingetrek nie. En woodstain werk nie op varnish nie, maar hy werk bleddie goed op ‘n mens se boude! Dit het ‘n paar dae gevat om te verdwyn…
Ek trek nou op sitplek nommer 5. Hy is ‘n heeltemal ‘n ander kleur hout as my badmatjie. Maar ek gee nie om nie! Hy is die regte grote, en stewig.
Ek moet miskien net vir hom skroewe gaan kry om hom vas te sit aangesien die winkel seker gedink het dat ek nie meer skroewe nodig het na 4 sitplekke nie!
En so dog ek net al die jare jou toilet het iets teen my! Want ek val altyd af en gil die kompleks wakker!
Siestog Adele, ek hoop regtig dat sitplek nommer 5 sal hou anderste stel ek voor dat jy net n hele nuwe toilet moet kry….VOORSPOED!!!