We’re all so human, hey!

Die afgelope naweek is ek Pretoria toe.  Met die vliegtuig.  My vlug soontoe Vrydag was taamlik aksieloos, behalwe vir die feit dat ek ‘n “stopover” gehad het op Bloemfontein, en buiten vir ‘n klein gehuggie kon ek nie agterkom of daar enigsins iets anders as aanloopbane is nie. Die interessante storie kom egter in met […]

‘n Halfuur in ‘n ry

So beland ek vanoggend vir ‘n tweede keer op een dag in ‘n ry by die poskantoor.   En dit verstom my dat ek by die lughawe se poskantoor, met 2 venstertjies en 1 persoon, vinniger gehelp word as by die Bellville poskantoor, met 12 vensters, en 8 mense aan diens! Nou terwyl ek so staan […]

Die snoek loop!!!

Die afgelope maand is ek geweldig geinspireerd om gewig te verloor.  Die reg eet alleen werk egter nie, so elke oggend 6 uur gaan stap ek vir ‘n halfuur, en dan so een of twee keer ‘n week doen ek ‘n lekker 8km staptog na werk. Gisteraand doen ek toe die 8km, en alhoewel dit […]

‘n Skewe brood

My een kollega hier, is regtig dierbaar.  Hier is ‘n paar van hulle wat baie nice is, maar hierdie ou is ‘n gentleman en laat my altyd lag.  Hy gaan koop elke Maandag ‘n brood, en die een brood verdeel hy sorgvuldig tussen oggend teetyd en middagete, sodat hy die hele week daarmee uitkom. Op […]

Oor bid en in stilte eet

Soos meeste van ons het ek ook grootgeword in ‘n huis waar daar voor ete gebid word.  Dit is iets wat ek van my vriende ook waardeer deesdae.  Daar is altyd iemand wat vir ons bid, of dit nou vetkoeke of braai of kookkos is. Ons sit nie altyd om ‘n tafel nie, meestal omdat […]

Die Hoender in die yskas

Kyk, dis nou al algemeen bekend dat hier ‘n klomp verskillende kulture saamwerk onder een dak, en ek is fine daarmee! Maar een ding wat ek nognie mee fine is nie, is hoenderpote. Ook bekend as ‘runaways’ of ‘walkie talkies’ indien dit saam met die hoenderkop bedien word. En ewe skielik besef ek waar die […]

Waiter, Waiter!

“Ag, ek sal maar vir my ‘n ou joppie kry as ‘n waitress” Dit hoor ek ‘n vriendin nou die dag sê toe ons praat oor maniere om jou inkomste aan te vul.  Toe ek haar natuurlik vra of sy al voorheen as een gewerk het, is die antwoord “nee, maar dis gelukkig maklik”. En […]

My taal, jou taal, daai ander taal

In my lewe het ek nou al in ‘n paar plekke gewerk, maar nog nooit was taal so ‘n issue soos waar ek tans is nie.  Ok, miskien is issue die verkeerde woord, maar as jy ‘n paar mense bymekaar gooi, en hulle almal laat Engels praat, terwyl dit nie een van hulle se huistaal […]

Gaan jy omval as ek jou stamp?

Oor die afgelope Desember vakansie, sien ek vir die eerste keer iemand met hierdie nuwe Power Balance armbandjies. Vir vrede en welstand sal ek liefs nie name noem nie, maar die dingetjie fasineer my, en ek vra ‘n demonstrasie. Nou blykbaar, om nou te verstaan wat hierdie dingetjie kan doen, moet jy op jou een been […]

‘n Ram of ‘n Vis

So besluit “hulle” toe mos dat ek nie meer ‘n Aries is nie, maar eerder ‘n Pisces.  Volgens hierdie geweldig betroubare bronne, het die hele heelal een moewies skud gehad (het julle dit gevoel?) en dit het veroorsaak dat alles nou skeef getrek het.  Ja, selfs die sterrestelsel. Hierdie (op)skudding het ‘n nuwe sterreteken, Ophiuchus […]