Oorfone asseblief!!

Daar is nie baie goed wat my irriteer nie.  Of miskien is daar baie goed, maar ek verkies om hulle te ignoreer, voor ek myself verongeluk. Een ding wat my egter meer irriteer as taxis wat stop net waar hulle wil, en bure wat deurnag partytjie hou, en winkel assistente wat jou nie kan uitlos […]

But wait… there’s more!

Ons almal ken daai sinnetjie.  Dit het die kenwysie geraak van elke Verimark of Glomail advertensie op tv.  Ek vermoed dit is ook die rede hoekom almal nie val vir hierdie wonderlike aanbiedings nie.  Die produk op sy eie is net NOOIT genoeg nie.  Daar moet altyd ‘n sakkie of ‘n ekstra lem of een […]

‘n Wasmasjien vir die pret

Vir jare was daar een ding kort in my huis. ‘n Wasmasjien. Elke Sondag het ek met my koshuis wasgoedsak na my ouers afgepiekel, en die week se goedjies gedoen, en partykeer sommer getuimeldroog ook, dan is daar nie eers strykwerk nie! Maar die probleem kom toe in as ek nou vir ‘n naweek weggaan, […]

Die Leeukat

Mens kry kat-mense, en mens kry hond-mense. Ja sure, mens kry seker ook voël-mense (shame) en vis-mense, maar die oorgrote meerderheid is verdeel tussen feline en canine. Ek is ‘n hond-mens, omdat ons nooit ‘n kat gehad het nie, en hulle laat my bietjie nies, en jy kan hulle nou nie juis allerhande tricks leer […]

Die spook van De Akkers

Die wat my ken sal weet dat ek al so lank in my woonstel bly, dit het moeilik geraak om uit te werk presies wanneer ek ingetrek het!  En die wat my regtig goed ken weet ook dat ek heel waarskynlik nog baie lank daar gaan bly!  Wie kan stry teen gemak en goeie ligging!  […]

Die Chinese Ninja

Vroeër die jaar doen ek weer een van die drome waarvoor ek so lief is, hierdie keer vir ‘n 10 jarige mannetjie van Durban. Hy en sy ma is die hele naweek hierso, en ek kry die Sondag om hulle te entertain met onder andere Tafelberg, World of Birds en Scratch Patch. Ek kry ook […]

Pajamas in Durbanville

As jou foon 3 uur die oggend lui, voorspel dit gewoonlik niks goed nie. Dit spel onheil, dood en siekte maar nooit ‘n lotto wen, blomme aflewering of gratis vakansie nie. Seker die dat jou hart gewoonlik ‘n beat mis as jou foon skielik hier langs jou kop begin skree… Ek het na ‘n kuiertjie […]

‘n Broodjie in die Oond

Einde verlede jaar toe help ek uit by die skool se blaasorkes as driehoekie speler.  Ek is nogals nie te sleg nie, behalwe as die skoolseuns nie vir my die program wil wys nie, en ek dan met die verkeerde liedjie begin.  Maar dit daar gelaat. Dit is einde van die jaar, en tyd vir […]

Obelix en die Kaaswors

So meld ek jare terug aan as eerstejaar by my koshuis op Stellenbosch. My kamermaat lyk na ‘n gawe meisietjie. Pas my so net duskant die middel, maar ten minste praat sy Afrikaans. Tussen min slaap, registrasie, liedjies sing en blommetjies vou vir vlotte, is daar maar min tyd om mekaar te leer ken, maar […]

Tuis Inkopies

Hoekom ek dit gedoen het, sal ek nooit weet nie. Daar is ‘n Spar en ‘n Supermark binne loopafstand van my af, en twee Pick ‘n Pay’s en ‘n massiewe Checkers, nognie eers twee kilometer ver nie. En dit is ook nie asof daar 10 mense bly in my woonstel nie, dis net ek. En […]