Ek het mooi gekyk!

Daar is nie eintlik iets wat ek haat nie.  Daar is heelwat goed waarvan ek nie hou nie, soos spinnekoppe, taxis en daai simpel corned beef blikkies wat ek nooit kan oopkry nie.  Ek is ook nie mal oor tamatiebredie nie en voel ongemaklik in klerewinkels.  Maar ek haat dit nie.  Wat ek wel haat, […]

Ekke, die TMO

Ek sal my nou nie self beskryf as ‘n groot rugby “fan” nie.  Ek was altyd mal daaroor gewees om Nuweland toe te gaan, maar vandat my pa skoonseuns gekry het is dit nie meer vir my beskore nie.  Ek moet dus staatmaak op die radio en tv. En so gebeur dit dan partykeer dat […]

Instant Vriende

Het jy al gesien hoe ‘n baie klein, gemeenskaplike “iets” van iemand ‘n instant vriend kan maak?  Ek is seker jy het al! Dink bietjie terug (party verder as ander) na jou skooldae.  Jy moet aan ‘n eisteddfodd gaan deelneem, maar by ‘n vreemde skool in die stad, en jou gewone vriende gaan nie saam […]

Papsopwinterwaternat!

Ek was nog altyd eerder ‘n winter as ‘n somer mens.  Daar is niks lekkerder as om lekker warm in die bed te lê, hot chocolate te sip en na die reën te luister nie.  En ja, dit is moeilik om op te staan as dit so koud is, maar ek vat dit eerder bo […]

‘n Crappy Storie

Gister kry ek ‘n interessante e-pos van my suster af.  Dit het die titel The Man Rules, en buiten vir die feit dat elke reël as nommer 1 gelys word, bevat dit ook daai tipiese goed wat mans maak wat hulle is.  En ondere andere klaar dit sommer die probleem met die toiletsitplek op…  natuurlik […]

Hie innie Bellville

Kyk, ek het nog nooit ‘n probleem gehad met waar ek bly nie.  Bellville (of bjelwil volgens die taxi drywers) is ‘n relatief netjiese stad, die buurt waar ek bly is stil, met massiewe bome en mooi huise.  Dis lekker sentraal geleë, jy kan binne 5 minute op die N1 of R300 wees, al die […]

We’re all so human, hey!

Die afgelope naweek is ek Pretoria toe.  Met die vliegtuig.  My vlug soontoe Vrydag was taamlik aksieloos, behalwe vir die feit dat ek ‘n “stopover” gehad het op Bloemfontein, en buiten vir ‘n klein gehuggie kon ek nie agterkom of daar enigsins iets anders as aanloopbane is nie. Die interessante storie kom egter in met […]

Oor bid en in stilte eet

Soos meeste van ons het ek ook grootgeword in ‘n huis waar daar voor ete gebid word.  Dit is iets wat ek van my vriende ook waardeer deesdae.  Daar is altyd iemand wat vir ons bid, of dit nou vetkoeke of braai of kookkos is. Ons sit nie altyd om ‘n tafel nie, meestal omdat […]

Die Hoender in die yskas

Kyk, dis nou al algemeen bekend dat hier ‘n klomp verskillende kulture saamwerk onder een dak, en ek is fine daarmee! Maar een ding wat ek nognie mee fine is nie, is hoenderpote. Ook bekend as ‘runaways’ of ‘walkie talkies’ indien dit saam met die hoenderkop bedien word. En ewe skielik besef ek waar die […]

Waiter, Waiter!

“Ag, ek sal maar vir my ‘n ou joppie kry as ‘n waitress” Dit hoor ek ‘n vriendin nou die dag sê toe ons praat oor maniere om jou inkomste aan te vul.  Toe ek haar natuurlik vra of sy al voorheen as een gewerk het, is die antwoord “nee, maar dis gelukkig maklik”. En […]