Die afgelope naweek is ek Pretoria toe. Met die vliegtuig. My vlug soontoe Vrydag was taamlik aksieloos, behalwe vir die feit dat ek ‘n “stopover” gehad het op Bloemfontein, en buiten vir ‘n klein gehuggie kon ek nie agterkom of daar enigsins iets anders as aanloopbane is nie. Die interessante storie kom egter in met […]
So beland ek vanoggend vir ‘n tweede keer op een dag in ‘n ry by die poskantoor. En dit verstom my dat ek by die lughawe se poskantoor, met 2 venstertjies en 1 persoon, vinniger gehelp word as by die Bellville poskantoor, met 12 vensters, en 8 mense aan diens! Nou terwyl ek so staan […]
“Ag, ek sal maar vir my ‘n ou joppie kry as ‘n waitress” Dit hoor ek ‘n vriendin nou die dag sê toe ons praat oor maniere om jou inkomste aan te vul. Toe ek haar natuurlik vra of sy al voorheen as een gewerk het, is die antwoord “nee, maar dis gelukkig maklik”. En […]
In my lewe het ek nou al in ‘n paar plekke gewerk, maar nog nooit was taal so ‘n issue soos waar ek tans is nie. Ok, miskien is issue die verkeerde woord, maar as jy ‘n paar mense bymekaar gooi, en hulle almal laat Engels praat, terwyl dit nie een van hulle se huistaal […]