Onskuldig…

Glo my, daar is niks beter om jou dankbaar te maak vir jou eie lewetjie en die mense daarin as om in so ‘n groot kompleks te bly nie. En party dae is jy selfs dankbaar om in die kompleks te bly! In die jare wat ek nou al in die kompleks bly het ek […]

Die dag toe my water gebreek het

Julle… hierdie hitte is nie goed vir my gestel nie.  Ek vermy die studeerkamer by die huis soos ‘n pes… dit is immers waar my oefenfiets staan.  Ek het ‘n week laas my bed opgemaak… want dis nie nodig as jy bo-op die komberse slaap nie.  En die enkele plant in my besit (al vandat […]

Die dinge van ‘n kind

Vroeër die week besoek ek toe ‘n health centre & spa.  Mens kan amper vir enigiets soontoe gaan, van jou toonnaels laat knip (die hemele behoed my dat iemand ooit aan my tone moet vat) tot ‘n massage ontvang of iemand kry wat vir jou ‘n eetplan uitwerk.  Jy kan ook hare knip en make […]

Stealth Mode

So is ek toe die afgelope naweek langs die rivier. Eintlik moes ek nie gegaan het nie, ek is immers op standby by die werk maar het maar gehoop dat niks pype bars nie (daar het) en dat alle kontrakteurs opdaag (hulle het nie). Maar dit was ‘n vrek lang jaar en dis spesiale memories […]

Komkommertyd

Ek het nog nooit aan myself gedink as ryk nie. Wel, nie op dieselfde manier as wat die wêreld rykdom definieer nie.  Ek het die beste klomp vriende ooit, en ons familie is een groot, mal spul vir wie ek baie lief is.  Maar ek het nog nooit soveel geld gehad dat ek randomly goed […]

Klein Gelukkies

Eendag sit ek so by die werk, toe ‘n kollega skielik voor my staan met ‘n toe blik koffie.  Ricoffy, want by meeste werkplekke is dit die eerste poging tot besparing.  Sy hou dit na my uit.  En ek pik amper ‘n traantjie weg oor die mooi gebaar. Want sien, ek het lank terug vir […]

Die ding by die pot…

Nie dat ek daarvan hou om oor my toiletbesoeke te skryf nie, maar om een of ander rede gebeur die snaakste goed op hierdie uitstappie wat ons almal maar van tyd tot tyd moet onderneem.  Ek is weer ernstig op die gesond eet en oefen regime (ja ek weet, been there done that) en neem […]

My kar se klingel

Jy weet mos hoe dit is as jy iets nuuts koop.  Vol opgewondenheid toets jy hom uit, en uiteraard verwag jy dat alles sal werk.  Soos in 100%.  Niks mag missing wees nie en hy moet presies werk soos die verpakking sê hy sal.  As een van sy eienskappe is dat hy ‘stil’ is, dan […]

A is vir Adéle

‘n Paar weke terug het ons my werk se AGM gehad.  Nou as jy nie weet waarvoor AGM staan nie… dan bly jy tien teen een in ‘n lekker gemaklike huis, vêr genoeg van jou bure om nie te weet wat hulle aandete is nie.  Jy werk waarskynlik ook nie.  (Annual General Meeting, vir as […]

‘n ‘Warm’ Plantjie

Daar is die baie mooi gebaar dat wanneer jy by mense gaan kuier (lees: eet) dan neem jy ‘n klein geskenkie saam om dankie te sê.  Dit hoef gladnie groot te wees nie, ‘n klein blommetjie, ‘n sjokolade of ‘n pakkie mooi servette.  Net ietsie wat sê ‘ek waardeer die uitnodiging’.  Dit helder werklik die […]