Die spook skop gat!

Twee van my kollegas neem selfverdedigings klasse. En ek het altyd gedink dit is nogals ‘n heel handige ‘skill’. Taamlik intens, maar steeds handig. Soos ‘first aid’ of ‘n PDP. Jy hoop jy gaan dit nooit nodig kry nie. Ek self het bietjie skopboks gedoen en ek is seker die dansklasse voor my suster se […]

Hoekie vir Adéle

Jip, uiteindelik na amper twee maande van letterlik sit waar daar ‘n gaatjie is, het ek nou ook ‘n genuine lessenaar, met ‘n laai en ‘n vullisdrom. Dis nog ‘n bietjie ‘vaal’ maar ek beplan om binnekort ‘n paar motivational posters en dinge op te plak.

Die Hoender in die yskas

Kyk, dis nou al algemeen bekend dat hier ‘n klomp verskillende kulture saamwerk onder een dak, en ek is fine daarmee! Maar een ding wat ek nognie mee fine is nie, is hoenderpote. Ook bekend as ‘runaways’ of ‘walkie talkies’ indien dit saam met die hoenderkop bedien word. En ewe skielik besef ek waar die […]

Waiter, Waiter!

“Ag, ek sal maar vir my ‘n ou joppie kry as ‘n waitress” Dit hoor ek ‘n vriendin nou die dag sê toe ons praat oor maniere om jou inkomste aan te vul.  Toe ek haar natuurlik vra of sy al voorheen as een gewerk het, is die antwoord “nee, maar dis gelukkig maklik”. En […]

My taal, jou taal, daai ander taal

In my lewe het ek nou al in ‘n paar plekke gewerk, maar nog nooit was taal so ‘n issue soos waar ek tans is nie.  Ok, miskien is issue die verkeerde woord, maar as jy ‘n paar mense bymekaar gooi, en hulle almal laat Engels praat, terwyl dit nie een van hulle se huistaal […]

Dudes on Horses, Hamburgers en ‘n Workshop

En so het dit dan ook gekom en gegaan… Die trippie na Washington DC het so vinnig op my afgekom, daar was nie tyd gewees om eers behoorlik opgewonde te raak, of die dae af te tel nie.  Home Affairs het my geweldig beindruk deur binne ‘n week my paspoort reg te kry, sonder ‘n […]

Wat? Dis in Amerika?

Jip, dit was my reaksie gewees toe ek hoor waar hierdie ‘workshop’ is wat ek moet bywoon. Vir ‘n week lank werk ek myself in ‘n toestand in oor ek elke dag gaan moet inry stad toe, vir 3 dae! En toe kom die agenda, en so ewe casual staan die adres van die konferensie […]