Nou kyk, tensy jy met jou gat in ‘n job geval het, of ‘n beurs gekry het, of net so lui of ryk is dat jy nooit hoef te werk nie, het ons almal al iewers vir ‘n werksonderhoud gegaan. ‘n HR vriendin van my glo mens moet elke jaar vir ene gaan, net om jou opgeskerp te hou. Ek vermy eerder die pyn.

Ongelukkig weens daai onsmaaklike ding wat hulle so onskuldig laat klink (afleggings) het ek nou ook al my fair share van onderhoude gehad. En die goed wat jy nie sal doen om ook iets anders as 7de Laan te kan kyk en mayonaise met ‘n naam op te kan koop nie is ongelooflik!

Kom ek neem nou maar aan almal wat hier lees ken my. Dan weet ek ook dat almal nou sal lag, want ek was al vir ‘n onderhoud by ‘n beauty school en by ‘n sekuriteits firma.

Die beauty school was net belaglik. Nie omdat dit ‘n beauty school is nie, maar omdat ek actually al die pad Kaap toe gery het vir die onderhoud. Ek, wat make-up verpes en neer ploeg as ek hoëhakskoene dra. Om daar te werk moet jy verseker baie meer as jou gesig make-up. Jislaaik man, toe ek by die lift uitklim toe dra ek 4 verskillende soorte parfuum… En ek was alleen in daai lift.

Ek het mooi stemmig in die ontvangslokaal gesit en wag vir my onderhoud, het maar gemaak of ek die dinge gewoond is. En ewe skielik kruip ‘n kind verby. En toe stap Barbie in. Ek belowe, ek kan nie hierdie goed opmaak nie! En Barbie kom sit en kyk na die kind, en toe na my, en sê “ek bring my kind saam werk toe, want ek mag, want ek is die baas”. Glo my, my kinders sal nooit ooit met Barbie’s speel nie!

Blyk toe Barbie is die hoof van die beauty school.

Lang storie kort, die ou wat met my die onderhoud gevoer het was beindruk, en ek was nognie eers by die huis nie toe bel Barbie om my die pos aan te bied. Ek het vriendelik gesê nee dankie…

Die sekuriteits firma was ewe erg. Jy’t seker al iewers ‘n tv program gesien waar ‘n ‘suspect’ ondervra word? Die cops staan en druk met hulle hande op die tafel terwyl hulle beurtelings vrae rondslinger, en die ‘suspect’ sit en probeer red wat hy kan.

Wel ek was die ‘suspect’ en my crime was dat ek dit durf waag het om aansoek te doen by ‘n massiewe sekuriteitsfirma en gedink het ek kan met my mooi maniertjiies en sagte stemmetjie inpas. Ek was naby aan trane gewees in die onderhoud. Hoekom ek deur drie ‘cops’ ondervra moes word weet ek nie. Die ouens (ja, daar werk omtrent net ouens!) het seker maar gesien ek gaan weghardloop binne die eerste dag, want ek het nooit weer van hulle gehoor nie.

Mens se eerste onderhoud is maar seker die moeilikste, geen ondervinding tot jou beskikking nie en jy weet regtig nie hoeveel jy ‘werd’ is nie. Voor my eerste onderhoud het ek letterlik honderde websites geraadpleeg oor hoe om die perfekte onderhoud te hê. Alles was perfek reg, maak nie saak waarvoor hulle sou vra nie, ek sou dit daar hê… gesertifiseerd!

Ook maar goed ek was so voorbereid, want ek is ondervra deur ‘n paneel van 6 bestuurders, en dit vir ‘n junior posisie…

Een ding het egter nie gewerk nie, gladnie. Volgens die een website moet jy altyd ontspanne en in beheer voorkom in ‘n onderhoud. Om jou hande inmekaar te wring op jou skoot is nie ontspanne nie. So hulle beveel aan dat jy beide jou hande op die tafel voor jou sit, plat. Dit sal die perfekte beeld skep van ‘n ontspanne, selfversekerde kandidaat.

Moet dit nie doen as die tafel borshoogte is wanneer jy sit nie…

(tensy jy natuurlik aansoek doen vir ‘n pos as ‘n hasie.