As ek nou ‘internet dating’ gaan noem op die naam, gaan almal se eerste reaksie heel moontlik wees ‘ek sal dit nooit doen nie’. Die realiteit is egter dat jy heel moontlik lieg. Ja, want iewers gaan jy wonder, en iewers gaan jy dit probeer. En daar is niks fout mee nie. Maar wees gewaarsku. […]
Ek het nog altyd gewonder hoe jy weet wanneer jy nou oud is. Daar is tog nêrens ‘n defnitiewe ouderdom opgeteken waar jy ‘n “Ek is oud” sertifikaat kry by ‘n vervelige funksie, met mense in crimplene rokke, en waar alles ruik na Vicks nie. Nou die aand het ek egter gevrees ek is nou […]
Ek het onlangs besef dat ek ‘n bietjie ongelukkig is wanneer dit by deure en sleutels kom. En dis ook gladnie wat jy dink nie. Ek loop nie in deure vas nie, en ek verloor ook nie my sleutels nie. Ek sluit deure wanneer ek nie moet nie, ek los hulle oop wanneer hulle regtig gesluit […]
‘n Paar weke terug stap ek met ‘n rock song in my hart by ‘n winkelsentrum in. Ek is in ‘n taamlike goeie bui, want ek het uiteindelik tyd om my remote batterye te vervang na ‘n hele winter van venster oopdraai om die kodes in te druk by die hek. Die volgende oomblik word […]