What is really important?

Yes, your eyes don’t need testing, this post is in English.  Mainly because some of the participants have been English, but also because I hope it will reach more people than my usual readers.

And because what you’re about to read, is really really important.

For a while now I’ve been playing around with the question “what is really important?”. I’m not the greatest philosopher, but I’m an expert at observing.  And I was getting scared…  From where I sat, it looked like the whole world have become obsessed with “things”.  The new car, the bigger house, the Woolies food rather than the Checkers food, the designer clothes and the latest cellphone.  Have we come to a point where “things” are important?  And do “things” make us happy?  And on a more selfish note, does that mean I can never be happy, cause I chose to work in the NGO environment, with little money?

So an idea was born.  Let’s ask people the question, and see what they answer.  I sent out a mail to some random people on my address book, asked a few on skype and a couple on BBM and sms.  I asked them to use their phone/camera, take a picture that will answer the question, and send it to me with a short discription of why THAT is important.

Here are some of the answers:

DEON: This is my friend Jano. The photo represents friendship, good times, friendly faces and happiness.


JACO: My son Jason, the most important.

 

LOUISE: To appreciate creation while we are still alive.
MARKO: My wife, Philippa.

 

CHARL: The ideas I get for my Good Moods project, that brings happiness to other people.

 

GIZELLE: My family is the most important. Everything else can be replaced, but not your family.


FRANS: Having any meal with family or friends is the most important. Spending time with people you love.

 

RENE: A proud dad with his daughters.

 

 

MELANIE: Time - to make time for the things/people that you love, and to use your time on earth optimal.

 

MICHELLE: Family is the most important.

 

 

 

JEAN: To enjoy being engaged, as I only plan to marry once.


 

 

 

MARIETA: Love is the most important. Love for your husband/wife, your parents, your siblings, your family and your friends.

 

ILSE: Rain. Nothing can exist without rain, everything looks clean, and rain gives life.


 

RONEL: My mom and two brothers are the most important. My mom is my role model.


 

MICHAEL: Being able to use all my senses to experience the beauty of the world is the most important


JACQUES: My family is most important, as they've always been there for me, and got me to where I am today.

 

KAREN: My relationship with Robbie (my fiancé) is the most important. I'm the happiest girl alive!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DIRK: Being with my friends.

 

 

 

 

 

Did you see it?  Did you?  These are the things that people value as “important”.  These are the answers that came through, within seconds of me asking the question.  No thinking required, just straight-up honesty.

And can you see what the best part of this is?  None of these really important things cost any money.  They are not even “things”!  It’s moments, nature, relationships, feelings and people that’s important.

So let’s stop the car for a moment, put down the cellphone, switch off the tv and focus on what’s really important.  Let us create those special moments that will pull us through our darkest hour.

Because face it… what’s more important than that?

MY FAMILY, THE MOST IMPORTANT
I’VE NEVER DONE IT BEFORE, BUT I WOULD LIKE TO DEDICATE THIS POST TO MY COUSIN SANETTE, WHO IS AN INSPIRATION EVERYDAY, AND CONSTANTLY REMIND ME OF WHAT IS REALLY IMPORTANT.

Die einde… met ‘n bang!!

Ek het taamlik lanklaas ‘n droom gedoen.  Die knie se ontydige “snap” het dit bietjie moeilik gemaak, en wou nou nie ‘n kind se lewe in gevaar stel deur met ‘n af knie te bestuur nie.  En toe hierdie afgelope Saterdag toe doen ek my “comeback” droom.

En ons besluit om bietjie planetarium toe te gaan.

Nou kyk, dit was nie ‘n slegte idee nie, en die droom het op die ou end baie goed uitgewerk.  Ek het ook die sterre geniet, en na die tyd se McDonalds het heel skaflik afgegaan.

Waarmee ek egter nie rekening gehou het nie, is dat Saterdag veronderstel was om die einde van die wêreld te wees…

Gewoonlik steur ek my nou net gladnie aan sulke voorspellings nie.  En ek het ook nie Saterdag nie.  Maar so staan ek in Kaapstad se tuine rond, en wag vir die meisie om te arriveer.  Dis regtig pragtig!  Die tuinier ry verby my, en stop sy golfkarretjie om eers te groet en dis toe wat hy so in die gesels vir my vertel dat dit nou ‘n jammerte sal wees as die wêreld vandag tot ‘n einde kom, want hy het nou net die gras gesny.  En dis die eerste wat ek van so iets onthou!

Na ons gegroet het, begin ek aanstap na die planetarium toe.  Die volgende oomblik is daar ‘n geweldige knal, en ek kom Shoprite-polonie-dikte naby aan ‘n ongelukkie.  Ek onderdruk ‘n gil met moeite, en wil net platval, toe ek besef niemand rondom my is in die minste gepla deur hierdie oomblik nie!  Die ou met die Stephen King boek lees rustig voort, die meisie wat die eekhoring voer doen dit nogsteeds, en nie eers die outjie in die stootwaentjie wat bolle spookasem in sy mond druk is gepla nie.

As jy weer in die Kaap kom, moet jy tog ‘n draai maak daar in die tuine, dis pragtig.  Onthou net van die bleddie kanon wat elke dag 12 uur afgaan!

 

Om te kan stem

06:00 My selfoon raak die kluts kwyt.  Nie net het ek vergeet om die alarm af te sit nie, maar my foon switch ook outomaties af tussen 11pm en 6am, EN ek het stem-tones! Bo die geskree van die alarm kom daar toe ook ‘n “you’ve got mail”, “facebook”, “facebook”, “twitter”, “you’ve got mail” deur.  Ek besluit om maar op te staan, al is dit bitter koud.

06:10 Aangetrek, en ek sit en kyk Chopped op die Food Network, en drink lekker warm koffie.  Dis so donker buite, ek kan nie die voting station sien nie.  In fact, dis so mistig buite, ek kan nie my eie braai sien nie!

06:30 Ek sit en wonder of my kanse om vinnig te stem aangehelp sal word as ek my knie stut aansit.  Ek besluit om hom tog maar aan te sit.  Die bietjie hitte wat hy gee mag dalk meer beteken as om vinnig in die queue te beweeg.

06:45 Ek stap na die kerk toe, en elke geluidjie klink soos ‘n geweerskoot!  Die hele kompleks is nog donker, almal slaap.  In die pad voor my sien ek twee mense stap, oppad na die voting station by die kerk.  Hulle lyk soos spoke in die mis.

06:49 Ek sien net twee karre, die ry sal dus baie kort wees

06:50 Dammit, om die draai is 50 karre!

06:51 Dis toe nie so erg nie.  Die karre is blykbaar òf die IEC mense s’n, òf net daar vir die effek.  Ek land so 8m van voor af in die ry.

06:52 Ek staan en gesels en maak grappe met mense wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie!  Alles is blou.  Selfs ons hande.  Voor in ‘n ry staan ‘n jong outjie.  Nuus versprei vinnig ry af dat dit sy eerste keer is.  Hy lyk kinderlik opgewonde terwyl hy vir die mense binne loer.

07:00 Stiptelik maak die Door Controller die deur oop.  Trots dat sy haar plig so goed kon doen.

07:04 Ek is alreeds 3m nader aan die deur, en dis op hierdie punt wat die ry split in A-L en M-Z.  En ewe skielik is ek voor in die ry!  Net een oom voor my se van val in hierdie groepie!  Die verkiesings-virgin kom aan die ander kant uit, en gee ‘n uitgelate gil en gooi sy arms in die lug.  Die hele ry bars uit van die lag.

07:07 Ek is binne, en teen ‘n geweldige spoed beweeg ek.  Hulle bekyk my op en af, en ek moet eers verduidelik dat ek nognie op 16 bril gedra het nie.  Toe word die duimpie gemerk, en ek kry my ballot papers.

07:10 Klaar gestem, en van oorkant by die ingang waai my mede ry-staners vir my.  Ek is verbaas oor hoe vinnig die ry aangegroei het.

07:15 Ek stap terug in die mis en luister na die whoop-whoop klank van my tekkies.  Hulle klink bly oor ons so vroeg klaar is, en ‘n hele dag oop het. Ek hoop ek het reg gestem.  ‘n Tweede koppie koffie sal nou goed afgaan.

08:30 Ek sien vir die eerste keer dat dit drom dag is hier by ons.  Die manne met die trollies kom aangestap.  En ek wonder skielik of hulle ooit sal weet hoe lekker dit is om jou kruisie te maak…

As die gewones bunk…

Op skool het jy baie “groepe” gekry.  Daar was die cool ouens, of altans, hulle het so gedink.  Daar was die kunstiges, wat uiting aan hulle art gegee het in meer as net die doeke in die kunsklas.  Daar was musiek ouens wat klaviere en fluite kon laat sing, en daar was die slimmes vir wie 100% netnie genoeg was nie.  En dan was daar die gewones.

Die gewones is omtrent 80% van die klas.  Dis die ouens wat se punte wissel van druip tot net-net nie die top 10 gehaal nie.  Dis die ouens wat een winter en een somer sport gekies het, en getrou al die oefeninge bywoon, en al die wedstryde speel, al is dit vir die E span.  Die gewones glo ook in balans, en neem gewoonlik ook aan een kulturele iets deel, soos koor of orkes.

Ek was ‘n gewone.

En ek kla nie!  Ek is baie happy met waar ek op die oomblik is!

Gewones doen egter nie gewoonlik goed soos bunk en skelm rook/drink nie.  Ok, hokaai, ek het dit nie gedoen nie!  Sien, gewones is gewoonlik slimmer as wat mense dink, en hulle kan mooi sien wat die gevolge van enige optrede gaan wees.

Maar ek het eenkeer probeer bunk…

As jy in matriek is, dan is die laaste paar skooldae maar taamlik boring.  Jy’t al die werk vir die jaar afgehandel, en nou is dit net wag tot daai laaste saalbyeenkoms, dan eksamen, en dan is jy klaar!  Ek noem dit vir my ma, en sy is dit eens dat mens eerder by die huis kan leer as om heeldag in leë klasse te sit en gesels.  Ons spreek af dat sy vir my en ‘n vriendin of twee teen 11 uur sal kom oplaai.  Ons wil net Skeinat bywoon, want ons het nog ‘n vraag of twee.

So sit ons die oggend in die Skeinat klas en werk vir oulaas deur ‘n ou vraestel.  Toe die klok lui keer ons net gou die onderwyseres (daai tyd nog die onderhoof, deesdae die hoof!) voor, en vra ons vraag.

En toe probeer ons so normaal as moontlik by die skoolhek uitstap.  Ons is immers gewones, en hulle weet nie hoe om met styl te bunk nie.

Deur die hek kon ek al my ma se wit kombi sien wag, maar ons is versigtig om nie te hardloop nie!

En skielik, 10 tree van die hek af, hier agter ons hoor ons die onderwyseres se stem.  “Skuus julle!”  Ons draai skrikkerig om, nie helemal seker hoe jy moet reageer as jy uitgevang word nie.  “Ek het nou net besef, daai deel mag heel moontlik in die vraestel wees, so gaan kyk net mooi”.

Verward staan ons.  ‘n Dankie kom uit, maar wat nou.  En toe gee sy ons ‘n glimlag wat sê sy weet presies wat ons nou gaan doen, knik, en draai weer terug om in die gebou in te verdwyn.  Ons het ‘n paar sekondes gevat om net weer die gevoel in ons bene terug te kry, en toe laat waai ons.

Miskien het sy ons herken as gewones, en miskien het sy geweet ons weet nie hoe om te bunk nie.  Miskien is om ‘n gewone te wees nie so sleg nie. En miskien was dit hoe sy ‘n gewone help.

 

Hie innie Bellville

Kyk, ek het nog nooit ‘n probleem gehad met waar ek bly nie.  Bellville (of bjelwil volgens die taxi drywers) is ‘n relatief netjiese stad, die buurt waar ek bly is stil, met massiewe bome en mooi huise.  Dis lekker sentraal geleë, jy kan binne 5 minute op die N1 of R300 wees, al die winkels wat jy nodig het is naby, en dit is nie ‘n toeriste bestemming nie, so die pryse is nog skaflik.  Overall ‘n heel lekker plek om te bly.

Tog is almal wat ek ken nie so trots om te sê hulle bly in Bellville (of waar ookal) nie.

So ken ek byvoorbeeld niemand wat in Parow bly nie.  Nou vir die wat nie weet nie, Parow is basies die stuk tussen Louis Leipoldt Hospitaal, die N1, en waar die bordjie sê “Welcome to Goodwood”.  Ja, dis ‘n groot area.  Maar wragtag NIEMAND bly daar nie!  De Tijger en Oostersee bars egter uit hulle nate!  Maar moet nie die fout maak om te dink dis Parow nie!  En as jy nou regtig nie kan wegkom met een van die twee nie, dan sit jy net “estate” agteraan die naam.  Maak dit stukke beter!

Ek ken ook niemand wat in Brackenfell bly nie.  Want daar is Protea -hoogte en -laagte en -vallei en –estate.  Maar dis gladnie deel van Brackenfell nie!  Selfde met Kraaifontein.  Blykbaar in die afgelope jaar of twee het al wat leef en beef in Kraaifontein getrek na hierdie wasigheid tussend Durbanville en Kraaifontein, genaamd Uitsig.

Ek wonder hoekom mense so skaam is om te sê waar hulle bly.  Gee ons regtig so baie om wat ander van ons dink, dat ons eerder langs ‘n steenkool fabriek in Uitsig sal bly voor ons in ‘n gemaklike huis in Brackenfell gaan woon?

Drop die image, en wees vir ‘n slag trots.  Op wie jy is, en waar jy bly…