Kamp x 2

Ek is onlangs gebyt deur ‘n gogga wat mens nogals duur kan kos as jy nie mooi te werk gaan nie.  Die kamp gogga.  As kind het ons baie rondgetoer vir vakansie, en baie plekke gesien, maar nooit gekamp nie.  Ek is egter mal oor die hele buite slaap, buite kosmaak en buite kuier idee.  […]

Die New World

‘n Ruk gelede het ek taamlik afgeskaal op ‘n klomp goed.  Hulle noem dit “minimalism”, waar jy ontslae raak van die goed in jou lewe wat geld kos en spasie opneem, sonder dat dit jou werklik gelukkig maak. Hier is die link, sommer vir interessantheid. Nou deel van hierdie proses was ook om my pragtige, […]

Badspeelgoed

Oor hierdie Kerstyd het ek weer die voorreg gehad om ‘n bietjie tyd saam met familie en vriende te kon deurbring, en buiten vir die geweldig baie, en lekker kos was daar ook die lekker lag en gesels, en dinge doen wat soms verlore gaan in die allerdaagse gejaag. Ek is natuurlik ook in die […]

Sussie kraam… amper!

So baba sussie gaan binnekort haar eie babatjie hê! Ek kla gladnie, dit is heerlik om ‘n tannie te wees en die tweeling en ek het ‘n goeie verstandhouding: Ek sal jou doek omruil en Teletubbies saam met jou kyk, maar as jy moeilik is dan gee ek jou terug. En voor jy dink dat […]

As grootte saak maak… (Size Matters!)

Ek is tans op daai aaklige, maar nietemin dankbare stadium van gewigsverlies waar jy so tussenin sizes is.  Jy is nie helemal seker wat jou grootte môre gaan wees nie, en moenie dink as hy jou vanaand gaan pas gaan jy hom more kan aantrek nie.  Baie dodgy ek sê jou! Dit gebeur toe nou […]

Suur (melk) Druiwe

Jy weet mos as jy in die oggend opstaan en nog voor jy ordentlik wakker is maak jy die yskas oop, neem die bottel melk, vat ‘n GROOT sluk en verstik die volgende oomblik aan die suur?  Ok, dis nie regtig wat ek doen nie, en ek hoop van harte jy ook nie (wel, ten […]

Shooting Blanks

So noudat ek almal se aandag het moet ek ongelukkig die oorgrote meerderheid van julle teleurstel. Nee, daar is geen baba planne in die nabye toekoms nie, en nee, ek het nie ‘n wapen aangeskaf nie. Alhoewel ek dit party dae nogals sterk oorweeg. Die wapen natuurlik. Elke nou en dan kry ek hierdie oefen […]

Onskuldig…

Glo my, daar is niks beter om jou dankbaar te maak vir jou eie lewetjie en die mense daarin as om in so ‘n groot kompleks te bly nie. En party dae is jy selfs dankbaar om in die kompleks te bly! In die jare wat ek nou al in die kompleks bly het ek […]

Die dag toe my water gebreek het

Julle… hierdie hitte is nie goed vir my gestel nie.  Ek vermy die studeerkamer by die huis soos ‘n pes… dit is immers waar my oefenfiets staan.  Ek het ‘n week laas my bed opgemaak… want dis nie nodig as jy bo-op die komberse slaap nie.  En die enkele plant in my besit (al vandat […]

Die dinge van ‘n kind

Vroeër die week besoek ek toe ‘n health centre & spa.  Mens kan amper vir enigiets soontoe gaan, van jou toonnaels laat knip (die hemele behoed my dat iemand ooit aan my tone moet vat) tot ‘n massage ontvang of iemand kry wat vir jou ‘n eetplan uitwerk.  Jy kan ook hare knip en make […]