Dudes on Horses, Hamburgers en ‘n Workshop

En so het dit dan ook gekom en gegaan… Die trippie na Washington DC het so vinnig op my afgekom, daar was nie tyd gewees om eers behoorlik opgewonde te raak, of die dae af te tel nie.  Home Affairs het my geweldig beindruk deur binne ‘n week my paspoort reg te kry, sonder ‘n […]

Wat? Dis in Amerika?

Jip, dit was my reaksie gewees toe ek hoor waar hierdie ‘workshop’ is wat ek moet bywoon. Vir ‘n week lank werk ek myself in ‘n toestand in oor ek elke dag gaan moet inry stad toe, vir 3 dae! En toe kom die agenda, en so ewe casual staan die adres van die konferensie […]

‘n Broodjie in die Oond

Einde verlede jaar toe help ek uit by die skool se blaasorkes as driehoekie speler.  Ek is nogals nie te sleg nie, behalwe as die skoolseuns nie vir my die program wil wys nie, en ek dan met die verkeerde liedjie begin.  Maar dit daar gelaat. Dit is einde van die jaar, en tyd vir […]

Obelix en die Kaaswors

So meld ek jare terug aan as eerstejaar by my koshuis op Stellenbosch. My kamermaat lyk na ‘n gawe meisietjie. Pas my so net duskant die middel, maar ten minste praat sy Afrikaans. Tussen min slaap, registrasie, liedjies sing en blommetjies vou vir vlotte, is daar maar min tyd om mekaar te leer ken, maar […]

Tuis Inkopies

Hoekom ek dit gedoen het, sal ek nooit weet nie. Daar is ‘n Spar en ‘n Supermark binne loopafstand van my af, en twee Pick ‘n Pay’s en ‘n massiewe Checkers, nognie eers twee kilometer ver nie. En dit is ook nie asof daar 10 mense bly in my woonstel nie, dis net ek. En […]

Jou Kombers en my Matras…

So ‘n paar jaar terug op ‘n Sondagaand kom my twee susters by my plek oorslaap.  Nou kan ek by sê dat my swaer al sterk teenwoordigheid van gees gehad het in ons sirkeltjie, en dus ook toegelaat is om te kom.  Maar my plek is nie groot nie, en ons benodig slaapplek vir vier! […]

My huis is in 7de Laan

Ek kyk nie 7de Laan nie, rêrig nie! Ja, toemaar, dit was altyd my reaksie ook, maar dan begin almal praat oor gisteraand se episode, en voor jy jou kom kry, praat jy saam oor Paula se manewales, Lukas se oulike gesiggie en die nuutste kinkel in die kabel van ‘n gemeenskap waar almal mekaar […]

Vuka Scuta

Twee jaar terug besluit ek om meer omgewingsvriendelik te raak, en vir my ‘n scooter aan te skaf! Ek is naby die werk, en dit sal my beter laat voel oor die feit dat ek nie aparte glas, plastiek en kos afval drommetjies het nie. En toe ewe skielik is daar orals specials vir die […]

My kind se slide phone

Ja, toe kry my kind mos ‘n selfoon. Vir die wat nie weet nie, ek is ‘n tipe voogouer vir ‘n 16 jarige engel met mood swings by Stikland Hospitaal. Nogals ‘n Samsung wat kan slide. So dit maak die foon onmiddellik ‘n duisend keer beter as my Blackberry, want myne kan nie slide nie. […]

Kyk, kyk!! Ek het ‘n blog!

Dit was toe gladnie so moeilik gewees nie.  Met my ISP wat sommer baie vinnig reageer het toe ek hulle vra, en ‘n neef met ‘n rekenaar vir ‘n brein, en daar het ek ook ‘n webtuiste.  Dit is wonderlik! Ek kan die naam verander, ‘n prentjie of twee inbring, en as ek ‘tweet’ vanaf […]