Dalk het jy die post gelees wat handel oor my toilet sitplek wat ek vas glo gejinx is.  Wel, vandag het ek besluit om hom te fix!  Ja, self!  Ek het Brights toe gegaan, en 2 wingnuts en 2 washers gaan koop.  Ok, ek het eers gevra vir die “draai-dingetjie en die ronde plaatjie”, maar die ouens het geweet waarvan ek praat.  Ek het ook geweet dis vir ‘n 8mm skroef, maar weerspreek my toe eers en vra ewe sedig vir ‘n “9-mil”.  Dit het die arme man so senuweeagtig gemaak, hy het die hele wingnut boksie laat val.

Anyway, om jou ‘n idee te gee, dit is wat gewoonlik gebeur het as iemand op die toilet gaan sit sonder om eers aandag te gee aan simetrie en balans.

 

Ek ruk toe daar my toolbox (ja ek het een!) uit, en besef toe nogals ewe slim dat ek nie die metaal teen die keramiek kan laat rus nie.  Daai ringetjies wat mens in CD/DVD spindles kry werk net so goed soos enige gekoopte ding!

En ewe skielik is my toilet ‘n veilige plek!

 [youtube]40h3xJ2iVDU[/youtube]

Dit gaan my ‘n rukkie vat voordat ek gewoond is aan die stilstaande sitplek.  En vir ‘n rukkie sal ek nog my sit “time” en my opstaan beplan.  Maar damn, ek is trots op die outjie!  En dit vir R4.25!!