‘n Ram of ‘n Vis

So besluit “hulle” toe mos dat ek nie meer ‘n Aries is nie, maar eerder ‘n Pisces.  Volgens hierdie geweldig betroubare bronne, het die hele heelal een moewies skud gehad (het julle dit gevoel?) en dit het veroorsaak dat alles nou skeef getrek het.  Ja, selfs die sterrestelsel.

Hierdie (op)skudding het ‘n nuwe sterreteken, Ophiuchus laat verskyn, en al die ander lelik omgekrap.

Hy het hom netjies tussen Scorpio en Sagittarius gaan indruk, wat al die ander datums aanskuif, en ook maak dat  net ‘n week nou aan die arme Skerpioen afgestaan word.

(Blykbaar is hierdie nie so ‘n slegte idee nie.  Skerpioene is glo bombasties en sal bo-oor mense loop, hulle is jaloers en geheimsinning, kompulsief en obsessief.  Hoe minder van hulle, hoe beter)

Capricorn: January 20 to February 16

Aquarius: February 16 to March 11

Pisces: March 11 to April 18

Aries: April 18 to May 13

Taurus: May 13 to June 21

Gemini: June 21 to July 20

Cancer: July 20 to August 10

Leo: August 10 to September 16

Virgo: September 16 to October 30

Libra: October 30 to November 23

Scorpio: November 23 to 29

Ophiuchus: November 29 to December 17

Sagittarius: December 17 to January 20

Nou ek is gladnie een om elke oggend te gaan lees wat die dag vir my inhou nie, dit sal immers beteken dat ek meeste van die tyd net in die bed gaan bly.  Maar ek weet ek is ‘n Ram (Aries) en dit is basies al.  Met hierdie (op)skudding egter, het ek tog gewonder wat dit nou eintlik beteken om van ‘n Ram na ‘n Vis te verander.

Volgens die “sterre voorspel” mense (baie baie betroubaar) is ‘n Ram avontuurlustig en energiek, braaf, entoesiasties, selfversekerd en dinamies.  Ongelukkig ook ongeduldig en impulsief met ‘n vinnige humeur.  Die Vis is egter sensitief en saggeaard, met baie medelye en vriendelik.  Ook vaag en met geen eie wil nie.

As ek eerlik moet wees, is ek baie meer sensitief as selfversekerd, en baie meer saggeaard as braaf.  Ek is egter partykeer ongeduldig, en is entoesiasties oor baie goed!  Is ek dus ‘n Ram of is ek ‘n Vis?

My gevolgtrekking bly wat dit nog altyd was.  Elke mens is uniek, en waar ookal die son, die maan, die planete, jou pa en jou ouma was toe jy gebore was, maak nie saak nie.  Dit maak ook nie saak of die wind gewaai het, en daar ‘n oorlog was en of  jy onderstebo uitgekom het nie.  Niks gaan vir jou vertel wat more gaan gebeur nie, en dit is great!

Die grootste avontuur is dalk more, en jy wil nie in die bed bly en dit mis nie!

http://technolog.msnbc.msn.com/_news/2011/01/14/5841166-the-twitter-snowball-effect-the-zodiac-and-npr

1 Comment

  1. Jy kry dit reg om ‘n humoristiese stuk te skryf dat dit inspirerend is! Well done, sien uit na die volgende!

Leave a Comment

Your email address will not be published.