LOCKDOWN Reset…

So gisteraand het ons president ons National Lockdown verleng met 2 weke… wat basies beteken dat hy ons ‘reset‘ het, want ons het nou weer 21 dae wat voorlĂȘ.

En daarmee saam het ek dit goed gedink om ook die idee agter hierdie blog te ‘reset‘.

Sien, van die begin van die jaar af journal ek, en ek geniet dit geweldig. Maar in my rooi boek skryf ek alles neer wat ek voel, wat ek doen, en hoe ek oor goed dink. Noem dit maar my rekord van groei, want op soveel van die blaaie begin ek met ‘n frustrasie, en soos ek skryf word hierdie frustrasie ‘n geleentheid, of ‘n oplossing, of ‘n oproep tot aksie.

En om dit ook hier te probeer doen, is nie net vervelig nie… maar ook flippen tydrowend. Ek meen… ek is besig met ‘n fotografie kursus, en om nuwe resepte te probeer.

So van vandag af gaan hierdie blaaie anders lyk. Minder dagboek styl, meer my ou styl wat ek baie geniet het om met mense te deel.

En as dit my raad kan wees vir almal, moenie bang wees om aan iets te verander as dit nie lekker werk nie. Partykeer is daai iets jyself. Verander. Leer hoe om dit anders te doen, pas aan, en probeer iets nuuts.

Op die ou end kan ons almal net ons bes probeer.

Sien julle later!!