LOCKDOWN Kortetjies

DAG 13
Natuurlik weer vir myself gelag ook vandag… Ek besluit om ‘n lekker chicken wrap te maak vir middagete, en ek sit die hoenderstukkies in die airfryer om lekker crispy te raak. Intussen berei ek die wrap voor met cream cheese, avo, rocket, uie en feta. Toe ek die hele wrap klaar geëet het, onthou ek dat ek nooit die hoender uit die airfryer gehaal het nie.

DAG 12
Ek het vandag my karretjie gaan ‘start’. Hy het nie te gelukkig geklink nie, seker maar die koue en die feit dat hy meer as ‘n week laas die enjin gedraai het. Ek vat hom toe so twee keer om die kompleks se blok, net om op te warm. En genugtig! Wat ‘n opwindende episode!! Aangesien die 20km/h wat ek gery het die vinnigste is wat ek die afgelope 2 weke beweeg het, het dit gevoel of ek op ‘n wille jaagtog was! Ek het bly vat aan my hare…

DAG 10
Ons het selfs nagmaal gehad, en ja, dit is ‘n Doritos chip en flat Coke, maar die boodskap bly presies dieselfde en nog nooit het nagmaal vir my so baie beteken nie.

DAG 9
Vandag was so ‘n chilled dag… ek het tamatie gehad vir middagete! Ek moes geweldig ontspanne gewees het, of dalk begin ek tekens van koekoes toon. Want ek eet nie tamatie nie. Nooit nie. Wel, nie as ek dit kan help nie.

DAG 8
Ek is nie helemal seker hoe dit gebeur het nie, maar ek het ‘n magdom baba aartappels en oor die 200 Nespresso pods nou in my huis. Ek waardeer al die resepte vir gis-vrye brood wat ek gister ontvang het! Met die resepte en koffie en aartappels dink ek nogals ek sal die lockdown oorleef. Ek gaan vreeslik vet wees… maar ek gaan oorleef.

DAG 7
In ander nuus, ek het blue cheese patties gemaak, en toe hamburgers. En dit was vrek lekker! Hierdie lockdown maak dalk net van my ‘n chef. Nou moet ek net uitvind hoe om brood te bak sonder yeast…

DAG 5
My groente en vrugte inname tydens hierdie tyd is verstommend.  Ek is so flippen gesond!  En weet nie of enigiemand haar gaan onthou nie… maar ek wil net sê: “Gillian McKeith, eat your heart out”.

DAG 4
Sover lyk dit of almal in die kompleks nog ok is. My buurvrou het egter vanoggend staan en waai vir my een venster, net dit, niks praat, net daar staan en waai soos ‘n renonkel… ek was in ‘n ander vertrek. Dalk was dit ‘n noodkreet… ek moet haar dalk gou bel.

DAG 3
Kyk, iewers gaan hier mense uit hulle woonstelle en huise kom na 21 dae en hulle gaan nie eers teruggaan werk toe nie. Straight groendakkies toe vir hulle… En ek weet waarvan ek praat. Hier is ‘n seuntjie in ons kompleks, hy kan vir ‘n volle halfuur, sonder om te stop soos ‘n polisie sirene maak. Genuine, dit is baie impressive. Ek het oorfone, en speakers, en vensters wat kan toemaak, so ek’s ok. Maar daai laaitie se ouers… ek weet darem nie.

DAG 1
Hier was egter ‘n vrou, met ‘n EC nommerplaat wat ek toe opmerk toe ek vanoggend my ontbyt op die stoep sit en eet.  Sy het haar kar in die middel van die pad gestop, reg voor my blok, ek dog eers daar is dalk fout met die kar.  Maar nee, die oomblik van absoluut alleen buite op die pad wees was te veel vir haar, en daar moes eers ‘n selfie geneem word.  En nie een nie.  Ek het ten minste 10 getel, uit alle hoeke uit.  Hierdie oomblik gaan verseker in die social media memories vasgevang word.