Die Ooswoud… ‘n storie van oudword, kots en ‘n taai toilet

Ek het nog altyd gewonder hoe jy weet wanneer jy nou oud is.  Daar is tog nêrens ‘n defnitiewe ouderdom opgeteken waar jy ‘n “Ek is oud” sertifikaat kry by ‘n vervelige funksie, met mense in crimplene rokke, en waar alles ruik na Vicks nie.

Nou die aand het ek egter gevrees ek is nou oud.

Na ‘n heerlike kuier in ‘n ordentlike, skoon plek, met lekker kos en ‘n paar nice drankies, word daar besluit om na ‘n ‘young, hip & happening’ plek toe te gaan.  Met die aankoms besef ek dat die plek duidelik BAIE gewild is, want daar is nie ‘n enkele parkeerplek oop nie, en die ouens met groter wiele staan al op die sypaadjies.  Ek beland in ‘n dodgy stegie met Standard Bank se logo my enigste lig.

Ek stap deur massas mense buite, almal doof.

Hoekom uitgaanplekke ook altyd op die boonste vloer van ‘n gebou moet wees weet ek nie.  Ek wonder partykeer hoeveel mense al by daai trappe afgeneuk het.  Miskien sal ‘n tipe van slide beter werk.  Eeuw…

Binne in die plek is dit nie veel beter nie.  Ek loop na waar ek die toilette sou geplaas het indien ek die plek moes bou, en word oorweldig deur ‘n massa van warm lyf walms.  Waar die toilette moes wees is ‘n kroegtoonbank, en zombies hang daar uit!  Genuine!!  Hulle doen niks, want daar is nie spasie nie.  Hulle sê niks, want die musiek is te hard.  Hulle is net besig om heeltyd te fotosinteer… of whatever dit is wat daardie muwwe, warm gas afgee.

Uiteindelik vind ek die toilet.  Daar is ‘n queue, maar dis niks snaaks nie, vroue toilette word gebou met ‘n queue.  Voor my staan ‘n girl met ‘n rooi check hemp, en ‘n dik ketting wat by haar jean afhang.  Ek sê nie boo of ba nie, netnou moer sy my.  Agter my val ‘n blonde, skewe poppie in.  Dankie tog daar is ‘n handdoek reling waaraan sy kan vashou!

Dis uiteindelik my beurt, en ‘n deur gaan oop.  ‘n Meisie met die gawe om op daardie oomblik te kan dubbeld sien val uit.  Ja, val.  Ek sou haar opgehelp het, maar almal weet tog ek het ‘n knie operasie gehad.

En sy stink.  Erg.

Dis eers in die toilet wat ek agterkom ek kan myself vermom as ‘n hovercraft.  Sonder moeite 2cm bo die sitplek.  En my knie is gladnie so bad nie!

Buite die toilet maak ek myself so klein as moontlik, en loop met ‘n draai om al die mense, uit vrees dat iemand, iewers op my gaan kots.

Ek gaan staan langs ‘n Savanna uitstalling en wag vir my mede jongmense.  Skuins voor my is ‘n ou besig om ‘n storie vir ‘n meisie te vertel.  Sy lyk super geinteresseerd, en lag by tye uitbundig.  Dis my eerste kennismaking met psychics!  Ek kan dan nie eers my eie hoes hoor in die rookgevulde plek nie.

Die volgende oomblik flits ‘n aantreklike ou in ‘n pastelgroen truitjie verby my.  Hy loop met selfvertroue, en regop, en ek wil net my vertroue in die jeug terugkry, toe hy volspoed binne in die venster langs my vasloop.  Dit wys jou, looks is nie alles nie.

Ek het ‘n paar minute later maar die pad gevat.  Terwyl ek by die huis staan en my klere uithang om van die rook ontslae te raak wonder ek wanneer het ek oud geword?  Ek is nie moeg nie?  En skielik besef ek.  Dit het niks te doen met ouderdom nie.  Ek is miskien net bietjie beter gewoond as klewerige vloere, vuil toilette en skewe mense.

5 Comments

  1. Soos altyd vriendin – tien uit tien!!
    Stem 100% saam…Ek is nie een vir sulke kuier-plekke nie. Het eenkeer saam met my niggie na ‘n club/pub/rasta-uithang plek gegaan in Long Street…kom ons sê ek was so high soos ‘n kite toe ek daar uitstap….Nie my tipe uithang-plek nie! En ek het na rook gestink vir dae! YUCK!

  2. Ek neem aan jou mede jongmense het dieselfde as jy gevoel. As hierdie gevoel met ouderdom te doen het, is ek defnitief stokoud gebore. Sulke plekke het my nog nooit aangetrek nie! Well done! Ek kuier veel eerder saam met my mede bejaardes waar niemand opgooi, in goeters vasloop en ons interessante gesprekke voer en mekaar actually kan hoor en nie net die lippe sien beweeg nie. En ons stink ook nie na ‘n heerlike aand van kuier en eet nie!

  3. Ek was daar en gewoonlik is die plek heel skaflik maar daai aand het dinge verkeerd gegaan! Dit was so erg dat hulle die plek noodgedwonge vroeg moes sluit. Adele, jy was net op die verkeerde aand uit.

  4. Ja nee….ek is ook nie gemaak vir sulke plekke nie. Ek hou te veel van praat en daar kan ek nie eens myself hoor dink nie, wat nog iemand te hoor praat. In my dae kon hulle ook nog rook en my skoorsteen het nog nooit gewerk nie. Dink die bouer het vergeet om actually een in te sit….ook maar goed want ek sou dit nie kon bekostig het nie. Love jou verhaaltjie…soek nou net na Jona.

Leave a Comment

Your email address will not be published.