Oor My

Om te lag maak alles beter.

As jy vir jouself en jou foute kan lag maak dit selfs die slegte ondervinding beter.

Ek skryf omdat ek dit geniet, en omdat dit my help om die humor in situasies te sien. As dit jou help, dan beskou ek dit as ‘n voorreg, en ek is bly ek kon help.

Die lewe het my geleer dat dit nie saak maak wat jou ras, geslag, ouderdom of sterreteken is nie, ons almal het goed wat ons hartseer maak en goed wat ons gelukkig maak.  Ons is so verskillend, tog ook so baie dieselfde.

Mag jy altyd die mooi, die snaaks en die goeie in mense, jou omstandighede, en ook jouself sien.

“All that is not given, is lost”

– Adéle Basson